Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n ‘Nuwe begin’ vir die DZL-manne!
Nuus

’n ‘Nuwe begin’ vir die DZL-manne!

Redaksiespan17 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: ’n Skermgreep uit die musiekvideo | Verskaf

Die manne van DZL skop die lente me ’n nuwe enkelsnit, wat sentreer rondom ’n nuwe begin, af. Bloei, ’n duet met Kaylee, fokus op die boodskap dat dit menslik is om te val en foute te maak; die oorwinning lê egter daarin om weer op te staan en nuut te begin.

“Ek is seker almal het al gehoor dat die beste raad vir ’n sweer is om dit oop te maak sodat dit bloei en gesond kan word. En dit is presies die boodskap wat ons met Bloei wil uitdra; ons almal is soms te trots om te erken dat daar goed in jou lewe is wat seermaak en die feit dat jy daaroor kan oopmaak en praat bring eintlik die genesing,” verduidelik Andries Potgieter.

Bloei is die eerste snit op DZL se nuwe album, Realiteit. Die liedjie uit die bekroonde liedjieskrywer, Rouxan Cloete se pen, is ’n inspirerende inleiding vir die res van die album, wat ’n storie oor die manne se lewenspad vertel.  

“Ons elkeen ondervind seer op ’n daaglikse basis; of dit nou armoede, verwerping, mishandeing, onsekerheid of mislukking is, niemand is daarvan gevrywaar nie. Die fout wat ons maak is om dit te probeer weg te steek asof ons geen probleme het nie. Erken jou pyn en bevestig saam met ons jy het gebloei, is nou skoon en is gereed om in hierdie nuwe seisoen te juig, te lewe en gesond te wees,” gesels Andries verder.

“Ons tweede album bestaan uit ’n kombinasie van opgewekde deuntjies en ook hartroerende ballades. Bloei is een van die ballades wat sommer dadelik met jou hart praat en ons het al soveel terugvoer van die publiek gekry wat die lied gehoor het dat dit hulle gunsteling op die album is. Ons hoop ook dit raak elkeen se hart wat die lied hoor en die video sien,” vertel Wiaan Fourie.

Die nuwe enkelsnit word op Maandag, 17 September 2018, op radiostasies regoor die land bekendgestel en die musiekvideo ook dieselfde dag eksklusief op SABC 2 se Kliphard.

Jy kry ook die geleentheid om nou eksklusief, en net vir vandag, na die snit gratis aanlyn te luister:

https://afrmusieknuus.co.za/wp-content/uploads/2018/09/DZL-Realiteit-01-Bloei.mp3
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.