Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Umuzi Week of Festivals»Umuzi Week of Festivals: Tien dae, vyf feeste
Umuzi Week of Festivals

Umuzi Week of Festivals: Tien dae, vyf feeste

Redaksiespan16 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vanaf 28 September tot 7 Oktober is dit weer tyd vir ’n week van fees by die jaarlikse Umuzi Week of Festivals op Secunda. Dié geleentheid is enig in sy soort en bied aan feesgangers die geleentheid om vyf verskillende feeste in tien dae te ervaar. Hier is waarna jy kan uitsien:

 

Lekke Fees

Wanneer?
28 en 29 September

Waar?
Lake Umuzi Kamp Oase

Waaroor gaan dit?
Hou jy van musiek, kamp, swem, bier en kuier? Dan is die twee-dae-lange Lekke Fees op die oewer van die Lake Umuzi net vir jóú. Kunstenaars soos Robbie Wessels, Jan Bloukaas, Liezel Pieters, Heidi, Appel en Brendan Peyper gaan sorg vir heerlike musiek. Die kleinspan kan ook uitsien na ’n area met plaasdiere, pretritte op die perde en springkastele. As ’n bonus kry jy ook komplimentêre toegang tot die AquaZone Waterpark en Carnival Square.

Wat kos dit?

Earlybird naweek-kaartjies:

2-6 jaar: R50
7-17 jaar: R100
Volwassenes: R150
Klik hier om jou kaartjie aanlyn te koop.

Naweek-kaartjies (slegs by die hek beskikbaar):

2-6 jaar: R100
7-17 jaar: R150
Volwassenes: R200

Wyn-Inni-Tyn

Wanneer?
4 tot 6 Oktober

Waar?
Boesies

Waaroor gaan dit?
Hier word wyn op ’n ander manier gepaar – met 20 verskillende wynlandgoedere, musiek en heerlike kos val Wyn-Inni-Tyn in elke wynliefhebber se smaak. Musiek deur Radio Kalahari Orkes, Adam Tas en Jannie Moolman gaan die geleentheid behoorlik afrond.

Wat kos dit?

Drie dag wyn-fanatikus kaartjie:

Vir die wyn-fanatikus is daar ’n opwindende voldag Wyn-Inni-Tyn kaartjie. Dié kaartjie, wat jou R450 uit die sak sal jaag, sluit in:

  • Toegang tot al die musiekkonserte.
  • Wynproe vir Vrydag en Saterdag.
  • 100 Wynproe kaartjies.

4 Oktober-kaartjie:

Aanlyn: Aandkaartjie kos R150. (sluit 27 September).
Hek: Aandkaartjie kos R180.

Jou kaartjie sluit die volgende in:

  • ’n Spesiale optrede deur Radio Kalahari Orkes en vriende.
  • Een Nin ’n Snip bordjie.
  • Een glas.
  • 25 Wynproe kaartjies.

5 Oktober-kaartjie:

Aanlyn: Dag- en aandkaartjie kos R150. (sluit 27 September).
Hek: Dag- en aandkaartjie kos R180.
Hek: Dagkaartjie kos R50.
Nie-wyndrinkers en kinders: Gratis

Jou dag- en aandkaartjie sluit die volgende in:

  • Wynproe vanaf 14:00 tot 17:00.
  • ’n Optrede deur Adam Tas en vriende om 18:00.
  • Een Nin ’n Snip bordjie.
  • Een glas.
  • 25 Wynproe kaartjies.

Jou dagkaartjie sluit die volgende in:

  • Wynproe vanaf 14:00 tot 17:00.
  • Een Nin ’n Snip bordjie.
  • Een glas.
  • 25 Wynproe kaartjies.

6 Oktober-kaartjie:

Aanlyn: Dag- en aandkaartjie kos R150. (sluit 27 September).
Hek: Dag- en aandkaartjie kos R180.
Hek: Dagkaartjie kos R50.
Nie-wyndrinkers en kinders: Gratis

Jou dag- en aandkaartjie sluit die volgende in:

  • Wynproe vanaf 11:00 tot 17:00.
  • ’n Optrede deur Jannie Moolman en vriende om 18:00.
  • Een Nin ’n Snip bordjie.
  • Een glas.
  • 25 Wynproe kaartjies.

Jou dagkaartjie sluit die volgende in:

  • Wynproe vanaf 11:00 tot 17:00.
  • Een Nin ’n Snip bordjie.
  • Een glas.
  • 25 Wynproe kaartjies.
Lake Umuzi Oktoberfest

Wanneer?
28 September tot 7 Oktober

Waar?
Eish!! South African Kitchen

Waaroor gaan dit?
Vergeet van Munich dié Oktober! Ons het ’n beter opsie: Kom onderneem ’n reis deur die plaaslike Oktoberfest bierfees en maak vriende in die geselskap van goeie musiek. Kunstenaars soos Vincent Gordon, Saarkie, Roan Ash, Neil Somers, Albert de Wet, Juan Boucher, Wikus Bothma, Wynand en Cheree, Marulaboom, Bad Peter, Jan Raaph, Matthew Mole en vele meer is op die verhoog te sien.

Wat kos dit?

Hierdie fees is GRATIS!

AquaZone Springfest

Wanneer?
28 September tot 7 Oktober

Waar?
AquaZone Waterpark

Waaroor gaan dit?
Die AquaZone SpringFest bewys dat die UmuziFest meer as net musiek, kamp en kos is. Dis oor familie, vriende en pret. En wat ’n meer gepaste manier om dit te vier as in die water tydens die SpringFest? Die AquaZone Waterpark bied ’n verskeidenheid van water-pret opsies.

Feesgangers kan uitsien na vyf verskillende waterglybane, wat insluit: Fast River Tube, Blue Mamba Slide (Splinternuut), Lazy River , Baby Slide en ’n 25m binnehuis verhitte swembad.

Wat kos dit?

28 tot 30 September: Toegang is dieselfde as die Lekke Fees.
1 tot 7 Oktober: R60 vir persone onder 1.35m en R100 daarna.
Betaal vir een dag en kry die daaropvolgende dag gratis.

Rainbow Sportfest

Wanneer?
28 September tot 7 Oktober

Waar?
Ooral oor Secunda

Waaroor gaan dit?
Hierdie fees is vir al die adrenalienverslaafdes. ’n Verskeidenheid sporte wat deur verskillende sportklubs aangebied word is op die spyskaart. Feesgangers kan uitsien na onder andere die Rainbow Race op 6 Oktober. 21.1km, 10km en ’n pret draf is waaruit deelnemers kan kies. ’n Stoei toernooi vind op 29 September plaas. Verder is daar ook ’n Soccer 6’s-wedstryd, 4 x 4 bane, krieket, sterkman kompetisies, vliegskou, en ’n 5km Rainbow Run.

Wat kos dit?

Klik hier vir ’n uiteensetting van elke sportgebeurtenis se koste en besonderhede.

Vir meer besonderhede oor die Umuzi Week of Festivals, besoek hul webblad by www.umuzifest.co.za. Hou ook ons webblad fyn dop vir nuus oor dié week van feeste.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.