Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Top-kunstenaars ‘bring trots’ met nuwe enkelsnit
Nuus

Top-kunstenaars ‘bring trots’ met nuwe enkelsnit

Redaksiespan14 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Vyf van Suid-Afrika se grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf het saamgewerk aan ’n splinternuwe liedjie, Die Land, wat Suid-Afrikaners se harte trots gaan laat klop oor dié land – maar ook gaan los met ’n paar intense vrae.

Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Jay du Plessis, Bok van Blerk, en Ruhan du Toit van die bekroonde duo Touch of Class, se enkelsnit, Die Land, is pas vrygestel en gaan selfondersoek by elke Suid-Afrikaner bring oor wat ons vir ons nageslag gaan nalaat.

Ondanks die onsekerheid wat talle Suid-Afrikaners ervaar is dit bykans of hierdie lied inwoners wil smeek om in die land te bly en daarin te belê – soos God se doel was met elke persoon wat Suid-Afrika sy tuiste noem. Met diep lirieke vanuit die pen van die bekroonde liedjieskrywer Johan Oberholzer, bring die lied ’n gevoel van trots oor dit wat aan ons toevertrou is.

“Ek is baie opgewonde oor Die Land en ek en my kollegas wil met hierdie lied die boodskap van hoop aan elke Suid-Afrikaner bring,” het Steve Hofmeyr vertel.

“Dit gaan nie net oor die situasie waarin ons is nie, maar dit gaan oor dít waarin ons glo en wat ons wil nalaat vir ons nageslag,” het hy gesê.

In die musiekvideo, wat vir die eerste keer gewys gaan word gedurende Jukebox op kykNET NOU op 15 September, kyk die kunstenaars jou reguit in die oë terwyl hulle vra wat jý eendag gaan agterlaat. Hulle antwoord op die vraag dat hulle die son, see en land sal los want dít is wat God aan elke Suid-Afrikaner gegee het.

’n Spesiale embleem is ontwerp wat Suid-Afrikaners met trots kan aflaai en vertoon. Die publiek kan ’n spesiale webtuiste, dielandbehoortaanjou.co.za, besoek om ’n plegbelofte af te lê. Dié belofte bepaal dat die embleem ’n bewys is dat jou liefde vir die land sal bly staan en dat jy weet niemand sal van jou kan wegneem wat God gegee het nie.

Die Land gaan by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte gehoor word en dit gaan beslis bydra tot meer hoendervleis-oomblikke – so maak seker jy het kaartjies. Die snit sal einde September eksklusief beskikbaar wees op die Afrikaans is Groot Vol. 11-album. ’n Plakker van die embleem sal saam met elke album gekry word wat met trots op ’n voertuig vertoon kan word.

Almal word genooi om op sosiale media kommentaar te lewer met die hutsmerk #DieLandBehoortAanJou.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.