Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Rocco de Villiers reik musiekvideo vir kortbroek, langkouse uit
Nuus

Rocco de Villiers reik musiekvideo vir kortbroek, langkouse uit

Redaksiespan31 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Picture Perfect

Die eerste musiekvideo vanaf Rocco de Villiers se nuutste album, kortbroek, langkouse, is pas vrygestel en het reeds soos ’n veldbrand onder aanhangers versprei.

Kyk die video hier:  

 
Die produksie is behartig deur Gerhard van Rooyen (GVR) en sy produksiespan en is geskiet by Safari Tuinsentrum in Lynnwoodweg, Pretoria. Gerhard vertel dat die konsep gebaseer is daarop dat ons onsself in die daaglikse lewe van ’n kous bevind.

“Ek dink daar is mense wat hulself met die kous se lewe kan vereenselwig, waar jy vasgevang is in die gewone roetine. Jou lewe het stagneer en jy vind jouself in ’n gemaksone. Kous het ’n droom. Hy sien daagliks die prentjie van Rocco en sy musiek wat êrens ver weg is op ’n eiland en hy voel hy is vir meer bedoel in die lewe. Kous maak dan die besluit om weg te breek van die ordinêre om sy droom te vervul. Hy gaan op ’n avontuur om Kouseiland te gaan soek.”

Die album en liedjie heet kortbroek, langkouse en die storie van kouseiland het dus soos ’n handskoen gepas. Die verhaal van die kous is in Waverley verfilm en daar is gebruik gemaak van stop motion-tegnologieom die kous lewe te gee saam met die gewone video. Die kouse is met draadwerk gestop sodat hulle posisies beheer kon word. Die tuinsentrum het al die nodige elemente bevat om ’n sprokiesland te skep.

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers se veertiende instrumentele album, kortbroek, langkouse is op 13 Julie 2018 vrygestel. Dit bou voort op die musikant se unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het. Dié popalbum spog nie net vir die eerste keer met ’n Afikaanse titel nie, maar beloof om luisteraars na die dansvloer te lok.

Die dieper betekenis van kortbroek, langkouse, is om mense te inspireer om net soos Rocco ook hulle drome te volg en te bereik. Dit is duidelik dat dié splinternuwe album deur dié Suid-Afrikaanse klavierlegende jou op ’n opwindende lewensreis gaan neem, musiekliefhebbers gaan laat vrolik voel, maar ook soms diep sal laat dink. Die album is tans aanlyn en by winkels te koop.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.