Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Gewilde Tarryn Lamb se album tref die rakke
Nuus

Gewilde Tarryn Lamb se album tref die rakke

Redaksiespan30 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die gewilde Tarryn Lamb het die land gaande oor haar met haar treffer enkelsnit, Mal Oor Jou, en haar langverwagte album met dieselfde titel is pas uitgereik. Dié veelsydige sangeres is ’n welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het.



Mal Oor Jou bevat veertien snitte waarvan die meeste uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen kom. Dié betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by haar volwasse gehoor.  

’n Duet saam met die immergewilde Jay du Plessis, Afgrond, en een saam met Kevin Leo, Ed Sheeran se Perfect, is ingesluit vir verdere luistergenot.

Aanhangers sal van die eerste noot op dié album, tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking van Laurika Rauch se bekende treffer, Blouberg se Strand, meegevoer wees.

Saam met die album se uitreiking, is ’n splinternuwe musiekvideo ook reeds beskikbaar vir die eerste snit op die album, Vier Woorde. Die musiekvideo vir Mal Oor Jou, wat in Junie vanjaar vrygestel is,  neem ook reeds vir bykans twee maand die nommer 1-posisie in op iTunes.

Kyk Vier Woorde se musiekvideo hier:

 
Met musiek deel van haar wese, het Tarryn se groot deurbraak in die musiekbedryf gebeur as hoofsanger van die gewilde popgroep, BlackByrd. Gedurende 2013 tot 2017 het die groep sewe SAMA nominasies ontvang met agt Top 10 radio enkelsnitte, insluitende All For Me, From The Bottom of My Heart en I Love You, I Just Simply Do.

Tarryn het onlangs ook nog Suid-Afrikaners op die kassie vermaak met haar rol as Kim Adams in die gewilde sepie, Suidooster. Vir dié vertolking het sy ’n gesogte SAFTA-toekenning vir beste aktrise in ’n ondersteunende rol ontvang. Sy het ook reeds klaar verfilm aan ’n rol in die biografiese film van die hartverskeurende Ellen Pakkies verhaal.

Die album Mal Oor Jou is landwyd beskikbaar by musiekwinkels. Vir diegene wat hul albums aanlyn kry, is dit op iTunes en JOOX beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.