Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Joe Foster vat die ‘volgende stap’
Nuus

Joe Foster vat die ‘volgende stap’

Redaksiespan26 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Francois Olivier

Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.

Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enkelsnit. Die snit, wat ook die titelsnit van die nuwe album is, is ’n lekker pop-dans liedjie wat verliefdheid en die stappe wat ons saam met mekaar wil vat, uitbeeld. “Ons wil altyd dieper beweeg in intimiteit met mekaar. Volgende Stap dryf daardie emosies wat so sterk navore kom wanneer ons saam met ons beter helftes is,” vertel Joe.

Joe Foster het naam begin maak as solo-kunstenaar met die uitreiking van Pad Na Jou Hart wat vrygestel is as sy eerste enkelsnit van sy Afrikaanse debuutalbum, vroeg in 2014. Dit na hy einde 2013 die groep ADAM verlaat het, om sy solo loopbaan af te skop en begin werk het aan sy Hartklank album.

Pad Na Jou Hart se temalied en enkelsnit projek was ’n goeie fondasie om sy blink loopbaan op te bou. Daarna het hy van krag tot krag gegaan, talle treffers geskryf vir homself, verskeie TV-kanale en selfs vir ander kunstenaars liedjies gepen. Vyf jaar later doen hy dit nogsteeds.

Joe het al die liedjies op hierdie album self geskryf en sê dat hy met elkeen se inhoud en met elkeen se styl baie uit sy gemaksone beweeg het. Hy het selfs sy kletsrym skoene aangetrek op die liedjie As Die Mure Val.

Al die snitte op die album is self deur Joe vervaardig, opgeneem en gemeng. Look Away is deur Fred den Hartog, van die gewilde Heuwels Fantasties-faam, vervaardig en deur Dane Taylor gemeng.

Joe het sy klank, ingenieurswese en musiek-vervaardiging kwalifikasies in Amsterdam, Nederland voltooi, waarna hy terug gekeer het na Suid-Afrika en baie agter-die-skerms ervarings opgebou het voordat hy deel geword het van die groep ADAM.

In die groep het hy meer gefokus op sy toer, skryf en optree kuns en om dit sterk te ontwikkel. Hy het dus minder tyd in studio begin spandeer, maar kort na sy wegbreek van die groep het hy as solo-kunstenaar baie meer daarop gefokus om weer voltyds in die studio te wees, as hy nie op die pad was met optredes en bemarking nie.

Hy het hierdeur goeie selfvertroue opgebou voor hy hierdie projek aangepak het. Joe kon met hierdie album al die individuele lesse, kennis en ervaring implementeer wat hy oor die laaste 10 tot 15 jaar van sy lewe aan spandeer het.

Joe is baie opgewonde oor alles wat hy geleer het met die maak van die album, dat hy sommer dadelik weer gaan begin werk aan nuwe liedjies, terwyl hy natuurlik die Volgende Stap album vrystel en bemark landwyd. “Om ’n album te maak, vat baie lank,” sê hy. Dit is ’n lang proses van inspirasie en implimentasiem, maar Joe is ongelooflik trots op die eindproduk.

Die album is in verskeie plekke oor die land opgeneem en gemeng. In sy eie studio, professionele studio’s, slaapkamers, sitkamers en selfs strandhuise reg oor die land. Volgende Stap is opgeneem waar hy ’n rekenaar, mikrofoon en studio-gereedskap kon opstel en inspirasie vind. Dit is wat hierdie projek werklik iets uniek en spesiaal vir hom as kunstenaar, liedjieskrywer en vervaardiger maak.

Volgende Stap is beslis Joe se ‘volgende stap’ in sy kreatiwiteit en musikale seisoen. Kyk gerus uit vir die album vroeg in Augustus by jou naaste musiekwinkel of digitaal op iTunes en JOOX.

Die album word ook tydens ’n bekendstellings-funksie vrygestel in Pretoria by die Rockwood Teater. Kaartjies hiervoor kan nou bespreek word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.