Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jonk in Afrikaans: ’n Vastrap en skoffel-makietie dié lente
Nuus

Jonk in Afrikaans: ’n Vastrap en skoffel-makietie dié lente

Redaksiespan17 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die room van die Afrikaanse musiekbedryf gaan binnekort jou voete laat jeuk en tiekiedraai. Dalk nog die tango laat smeul of sommer net laat langarm-skoffel.

Jonk in Afrikaans is ’n musikale pop-sokkie ekstravaganza, wat dié lente, in samewerking met Carnival City Sun International aangebied word.

Dit gaan beslis nie die tradisionele vorm van ’n konsert aanneem waar jy op ’n harde stoel sit, terwyl jou voete eintlik die riel wil dans nie – dit is ’n jolifikasie van ’n heel ander stofasie.

Visuele effekte, skouspelagtige beligting en dan daardie “room” wat deesdae die sosiale medialandskap oorheers.

Elvis se Seun, Franja du Plessis, Chane Valentine, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Tussen Sterre, Irene-Louise van Wyk en Heidi is almal op die spyskaart. Hulle is jonk, talentvol en tonne moderne, oorspronlike dans- en popliedjies.

“Ons het navorsing gedoen en besef dat dié agt nuwe generasie kunstenaars van die publiek se gunstelinge is. Dié sangers is ook van die voorlopers op sosiale media,” vertel die organiseerders van die konsert.

Die idee rondom die konsert het by twee jong entrepreneurs ontstaan. Dié twee gaan kyk gereeld na groot konserte en is verslaaf aan Afrikaanse musiek. Hulle het ’n gaping in die mark vir “iets jonk en vars” geïdentifiseer en daarom gaan die konsert op nuwe, opgewekte Afrikaanse dans- en sokkie musiek fokus.

“Dit gaan nie ’n tipiese Afrikaanse konsert wees waar elke kunstenaar twee of drie van hulle bekendste liedjies gaan sing nie – daar gaan duette en nog ander verrassings wees,” voeg die organiseerders by.

“Ons glo dat die konsert nie net die jonger generasie se voete gaan laat wikkel nie, maar almal wat hou van dans in Afrikaans”

Jonk in Afrikaans word op 20 Oktober 2018 by die Big Top Arena by Carnival City Sun International aan die Oos-Rand aangebied.

Die konsert is sowat drie ure lank. Daar gaan ook sitplekke wees vir diegene wat eerder net na die kunstenaars wil kyk en na die musiek wil luister.  

Kaartjies is by Computicket beskikbaar en wissel tussen R120 en R150.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.