Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Rocco de Villiers betower met kortbroek, langkouse!
Nuus

Rocco de Villiers betower met kortbroek, langkouse!

Redaksiespan13 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers, is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer spog met ’n Afrikaanse titel nie, maar ook beloof om luisteraars se voete na die dansvloer te lok.

kortbroek, langkouse is die musikant se veertiende instrumentale album en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het. Die nuwe vrystelling spog met tien splinternuwe oorspronklike werke, uit sy eie pen, asook vier van sy gewildste treffers vanaf vorige albums, wat Kla 2 Kla 3 Kla 4, Anna Aeroplane, Roccobilly en Escape from the Ordinary Life (die temamusiek van RSG se weeklikse kunsprogram op Dinsdagaande) insluit. Die titelsnit van die album kan ook reeds op radiostasies landswyd gehoor word en ’n musiekvideo word eersdaags bekendgestel!

KLIK HIER OM DIE ALBUM DIGITAAL AAN TE SKAF!

Met titels soos Goeie Gevoel, Vanaand Kan Ek Dans, Reën Kan Jy Nie Koop Nie en Nooit Te Laat (om lief te hê), is dit duidelik dat dié nuwe album jou op ’n opwindende lewensreis gaan neem, wat musiekliefhebbers gaan laat vrolik voel, maar ook soms diep sal laat dink.

“kortbroek, langkouse, wat deur Murray Lubbe van The Hit Factory vervaardig is, spreek belangrike kwessies aan soos die aanvaarding van die verlede, kultuur en taal. Dit praat oor selfaanvaarding, ’n groener planeet, menseregte en om altyd net jouself te wees, ten alle koste,” verklap die klaviermeester oor sy nuutste projek, wat beskryf word as sy eerlikste en persoonlikste werk tot op datum.

Oor die jare, is hierdie talentvolle musikant se werk bekroon met verskeie pryse, waaronder SAMA-, Huisgenoot Tempo-, Ghoema-, Vonk- en Cape Theatre-toekennings, en sy geestelike album, Beautiful Beautiful Hymns, wat in 2015 uitgereik is, het ook goue verkoopstatus bereik.

Buiten vir verskeie verhoogproduksies, kan Rocco ook met twee Mengeldrankie-boeke, ’n lewendige DVD-opname en ’n boek met klavierbladmusiek spog. Hy was ook betrokke by die klankbaan van die Amerikaanse fliek, Brewsie & Willie, het temamusiek geskryf vir nege televisiereekse, is die vervaardiger van twee televisiereekse en dokumentêre programme vir M-Net oor die geskiedenis van musiek en het sy lyf ook aanbieder gehou vir drie kykNET-programme, Kook en Klavier, Rocco en Klop die Klawers. Vanaf 28 Junie, is hy ook te sien op SABC 2 as gasaanbieder van die tweede reeks van die speletjiesprogram, Beter Assie Bure.

kortbroek, langkouse word op 13 Julie 2018 vrygestel en bewys net weereens hoekom hierdie sjarmante en talentvolle man van dag een af musiekharte kom verower het. Die moderne, emosiebelaaide manier waarop hy elke snit benader, is besonders en sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.