Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Xander Joubert veroorsaak ’n opskudding met eerste pop-enkelsnit en video!
Nuus

Xander Joubert veroorsaak ’n opskudding met eerste pop-enkelsnit en video!

Redaksiespan9 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.

Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

KLIK HIER EN KRY DIE LIEDJIE OP ITUNES

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief is op iemand anders. Ons het dit geskryf met die doel om aandag te trek en die luisteraar te nooi om saam te sing. Die publiek moet dit geniet en aanklank vind by die boodskap,” vertel hy. “Die lewe is maar soms chaoties en moeilik en ek dink ’n lighartige liedjie kan so ’n bietjie geluk sit in die dag van diegene wat dit luister.”

’n Musiekvideo van die treffer, wat deur bekroonde filmmaker Gerhard van Rooyen vervaardig is, reeds op 7 Julie 2018 bekendgestel en die sanger vertel opgewonde: “Dit gaan oor ’n bleeksiel wat baie verlief is op ’n meisie wat hy graag wil vra om sy metgesel te wees vir die matriekafskeid. Hy het geen sosiale vaardighede nie en weet nie hoe om die meisie te benader nie. Die kyker ontmoet ook sy alter-ego, wat hom intimideer en hom effens spot omdat hy is soos wat hy is. Die ou worstel dan met homself om sy onsekerhede te oorwin en genoeg selfvertroue op te bou om by die afskeid op te daag en te wees wie hy nog altyd wou wees.” Die video is op verskeie plekke in en rondom Pretoria verfilm.

Kyk die video hier:

 
Xander is passievol oor musiek en werk al vir die afgelope sewe jaar hard daaraan om sy droom te verwesenlik. Sy sangtalent is reeds op hoëskool ontdek, toe ’n juffrou hom Die Volkslied hoor sing het en genooi het om deel te neem aan ’n kompetisie, waarin hy baie goed gevaar het. Dit is ook hier waar die musiekgogga hom behoorlik gebyt het. Daarna het hy besluit om vir stemafrigting te gaan en het hy verskeie ander kompetisies gewen, wat vir hom – na skool – ’n kontrak by Majorca losgeslaan het wat hy ongelukkig nie kon aanvaar nie.

“Ek kom glad nie uit ’n musikale huis uit nie, maar ek was nog altyd gefassineer deur die musiekbedryf en musikante. Daar is ook verskeie groot herinneringe en emosies uit die verlede wat ek aan musiek koppel. Om te sing was nooit deel van my planne nie. Ek was ’n sportman, met ’n tennisbeurs by Curro College, maar dinge het op die ou einde uitgewerk soos wat dit moet,” gesels hy.

Alhoewel hy ’n wye verskeidenheid musiek geniet, het hy groot bewondering vir kunstenaars soos Steve Hofmeyr en Elvis Blue. Hy luister ook graag na oorsese musikante soos Keith Urban, Florida Georgia Line, Sam Smith, ZAYN, Josh Groban, Michael Buble, Sia en Little Mix.

“My grootste inspirasie is om goeie musiek te maak wat treffend is. Ek wil heeltyd verbeter en is nooit tevrede met my liedjies nie. Ek sien dit as ’n goeie ding, want so sal ek aanhou verbeter. Daar is baie musiek en genres waarvan ek hou, maar ’n goeie stem sal my altyd beïndruk,” deel die kunstenaar.

As hy nie ’n musikant was nie, sou hy graag wou boer of ’n eetplek oopmaak om sy vaardighede agter die kospotte ten toon te stel. Maar vir nou is sing sy grootste fokus en werk hy hard aan sy debuut-album, wat heel moontlik gaan spog met tien oorspronklike Afrikaanse en vier Engelse snitte, wat vir later vanjaar beplan word. Hy besit ook sy eie onafhanklike platemaatskappy, XJ Records, en wil in 2019 graag nuwe kunstenaars onder sy vlerk neem. Verder droom hy ook daarvan om eendag sy werk met internasionale gehore te deel.

Xander glo dat musiek baie kan verklap oor wie jy is… en hy beplan om seker te maak dat syne vir hom ’n gerespekteerde plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf vestig.

Aardbewing gaan nie net ’n treffer op die dansbaan en treffersparades wees nie, maar is ook die begin van ’n baie belowende musiekloopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.