Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»A is vir Riaan Grobler se nuwe enkelsnit, Alles!
Nuus

A is vir Riaan Grobler se nuwe enkelsnit, Alles!

Redaksiespan26 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger, radio-omroeper en TV-aanbieder, Riaan Grobler se nuwe enkelsnit Alles, ’n kommersiële danstreffer en die titelsnit van sy nuutste album, is pas vrygestel.

Dié liedjie, wat deur Michael de Lange geskryf is, gaan oor hoe jy vir jou geliefde verduidelik wat hy of sy alles vir jou beteken in die vorm van die alfabet. “Dit is ’n lekker liefdesliedjie waarop mens uiteraard baie lekker kan dans ook. Ek het my album so beplan dat dit ’n voelgoed album is met danstreffers, maar tog ’n stukkie nostalgie het,” vertel Riaan.

Volgens Riaan het hy juis besluit op die liedjie omdat dit ‘alles’ op sy album so mooi saamgevat het. “Ek het die album opgeneem in ’n baie persoonlike tyd van my lewe. Die liedjie het dit waar deur ek gegaan het saam gevat – liefde, hartseer, teleurstelling, maar tog ook inspirerend.”

Hy hoop die publiek sal van die liedjie hou aangesien mense gereeld vir die liedjie op sy vertonings vra. “Dit is ’n voelgoed, danstreffer wat jou voete laat roer en jou beslis nie gaan laat stil sit nie. As jy hom eers gehoor het, het hy die geneigdheid om in jou kop vas te steek.”

Riaan sê dat sy musiek mense moet laat goed voel wanneer hulle daarna luister, en ietwat nostalgies ook laat. “Die album is baie persoonlik vir my en het vir my baie beteken toe ek dit vrygestel het so ek hoop iemand anders kan ook vertroosting en geluk daarop vind,” sê hy.

Luister hier na ’n voorskou:

Die musiekvideo, wat einde Augustus uitgereik word, gaan in Hollywood, Beverley Hill se Rodeo Drive, Universal Studios en Disneyland verfilm word. Riaan vertrek 2 Julie na Los Angeles vir opnames vir ’n nuwe TV-program en gaan dan van die geleentheid gebruik maak om sy musiekvideo ook te verfilm. “Ek hou van reis en Los Angeles was die eerste plek wat ek in my lewe met ’n oorsese reis besoek het toe ek 17 jaar oud was. Daarna het ek baie kere terug gegaan,” vertel hy oor die video, wat deur Eben Liebenberg en Wian Smith vervaardig word.

Riaan Grobler is ’n positiewe mens, wat hou van mense, diere, musiek en bak! Sy liefde vir musiek het ontstaan toe hul buurvrou, tannie Les Swart hom gereeld daaraan blootgestel het. Hy het ure saam met haar na plate en later CD’s en kassette gesit en luister. Riaan vier vanjaar 12 jaar as sanger, 13 jaar as radio-omroeper en 11 jaar as TV-aanbieder, waarvan hy die laaste drie jaar as vervaardiger opgetree het.

Kunstenaar soos Juanita du Plessis en Steve Hofmeyr inspireer hom en hy het die voorreg gehad om ’n duet saam met Juanita op te neem – ’n ondervinding wat hy vir altyd sal onthou. “Ek is mal oor dansmusiek en veral die 80’s musiek. Ons het groot geword met Bles Bridges se musiek in die huis en ek sal maar altyd ’n groot aanhanger van sy musiek bly.”

Riaan sing en skryf graag musiek vir die mense vir wie hy dit sing en oor kwessies wat hom raak. Hy leef ook graag met die Frank Sinatra aanhaling: “If you can make people cry you can sell your records.” Riaan ag opnames saam met van sy bedryfskollegas soos Juanita du Plessis, David Fourie, Nadia Beukes, Cindy Nell en Rinél Day as hoogtepunte in sy loopbaan en sal ’n doktor wou wees indien hy nie kon sing nie.

En wat weet mense nie van Riaan nie? “Ek het onlangs begin hekel… soos in regtig ernstig begin hekel.  Sommiges mag dalk hulle oë rek, maar die meeste wat wel daarvan hoor dink dit is ’n besonderse prestasie,” skerts hy.

Die musiekbedryf het hom geleer om ’n dik vel te kweek en homself te wees en sê dat die grootste les tot dus ver was om gemaklik in sy eie vel te wees en op te hou wees hoe ander hom wil sien. “Die dag toe ek besluit ek is die beste ek het die wêreld vir my verander.”

Benewens sy sangloopbaan werk Riaan ook as radio-omroeper en mediaskakel by Pretoria FM, vervaardiger vir TV-programme en hou binnekort weer sy lyf aanbieder vir ’n nuwe werklikheidsreeks, Hollywood, hier kom ek! Verder wil hy net die land vol sing en so lank as moontlik radiowerk doen.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.