Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»DZL se passie in musiekvideo vasgevang
Nuus

DZL se passie in musiekvideo vasgevang

Redaksiespan22 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die manne van DZL verras weer eens met ’n splinternuwe musiekvideo waartydens hulle subtiel die kykers se aandag vestig op dit wat hulle na aan die hart lê: natuurbewaring.

“Dit is maar wat deur ons bloed druis en ek dink deur die jare het die publiek gesien natuurbewaring is regtig ’n passie vir ons. Ons word geken vir ons werk binne renosterkringe, maar hierdie keer het ons besluit om die aandag op ’n ander interessante spesie te vestig,” vertel Wiaan Fourie.

Die musiekvideo bevat dele waar die DZL-manne in die Limpopo-provinsie ’n span van die Endangered Wildlife Trust bygestaan het om ’n groep wilde honde na Kwa-Zulu Natal te skuif vir ’n nuwe teelprogram.

Wilde honde is ’n uiters bedreigde spesie en daar is net 6600 in Afrika oor. In lande soos Mosambiek en Angola het die wilde hond populasie uitgesterf as gevolg van die burger oorloë wat in daardie lande plaasgevind het.

“Ons weet almal dat spesies soos renosters, leeus en olifante bedreig word maar daar is nie baie kennis oor wilde honde nie. Hierdie was ’n wonderlike geleentheid om deel te wees van ’n projek wat poog om die voortbestaan van wilde honde te verseker. Natuurlik gebruik ons dan die geleentheid om ook die publiek oor hierdie kwessies in te lig. Ons is bevoorreg om met baie groepe saam te werk en alhoewel ons eerste liefde altyd renosters sal wees, is dit belangrik om die soeklig op ander spesies ook te plaas,” vertel Andries Potgieter.

Kortliks vertel die musiekvideo die storie van ’n jong man wat sy passie in die veld uitleef terwyl sy geliefde by die huis vir hom wag. Die res van die tonele is by Mooikrans Garden and Venue in Pretoria geskiet. Die musiekvideo volg kort op die hakke van die vrystelling van die enkelsnit vroeër die maand. Waserig is ook die duo se eerste liefdesliedjie.

Kyk die video hier:

 
“Dit is seker vreemd maar ons het nog nooit ’n liefdesliedjie opgeneem of geskryf nie, maar na ’n goeie lewe, vol liefde kan mens nie die kans laat verbygaan om daaroor te sing nie. Hulle sê mos altyd, love makes the world go around,” vertel Wiaan.

Die boodskap van die liedjie is baie eenvoudig; die liefde is mooi. “Liefde is mooi, maar dit is nie altyd maklik, duidelik of verstaanbaaar nie. Maar tog weet ons, sonder die liefde is ons niks, is ons flou en kan ons selfs nie staande bly nie. Dit maak ons ook soms met tye onredelik. Maar ’n lewe met liefde is die toppunt van geluk en ons kies om met liefde te lewe,” sê Andries.

Waserig is geskryf deur Andries en Wiaan met die hulp van die jong sangeres, Kaylee, wat ook self tydens ’n ander liedjie op die album sing.

“Soms kan ’n mens net beter skaaf aan ’n liedjie wanneer jy woorde, emosie en melodie van mekaar af kan ‘bounce’. Waserig is beslis een van ons gunsteling liedjies op die album,” vertel Andries.

DZL het in April hulle tweede album, Realiteit, bekendgestel wat reeds baie goed in musiekwinkels en op digitale platforms doen. Die album bevat lekker-luister en dansmusiek wat ’n storie vertel. Waserig pas dan ook binne hierdie raamwerk in.

LEES OOK: ’n Nuwe album sonder tierlantyntjies vir DZL

“Nes die res van die album vertel Waserig ook ons stories van geluk, blydskap, twyfel en seer. Dit is iets waarmee die luisteraars kan assosieer want ons almal ken die ‘rollercoaster’ wat die liefde jou op kan sit,” sê Wiaan.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.