Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Dawie de Jager beïndruk met treffende nuwe enkelsnit!
Nuus

Dawie de Jager beïndruk met treffende nuwe enkelsnit!

Redaksiespan21 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nou is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, Beyond Infinity, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. Beyond Infinity is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank in jou kop bly vassteek nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Ek hou baie daarvan om vir die sterre te kyk en is daai ou wat ’n wens sal maak op ’n ster wat val. Die liedjie gaan daaroor dat as ons almal sterre was, wat val en uitbrand, ek eerder saam met iemand wil val vir wie ek lief is as alleen. Ek het die liedjie geskryf en op ’n stadium gevoel dit kort net so ’n bietjie afronding. Toe span ek my ouboet, Sallas, in om net als te laat sin maak,” vertel hy oor hierdie Engelse treffer wat hom na aan die hart lê. “Ek is baie trots op die lied se lirieke en melodie. Dit beklemtoon my stem se register en het die organiese orkesklank waarvan ek hou.”

Luister hier na ’n voorskou:

Volgens die sanger, wou hy homself nie tot ’n spesifieke taal en genre bind met sy musiek nie en het hy besluit om vir ’n slag van sy Engelse werk met luisteraars te deel, nadat sy deelname aan The Voice vir hom soveel nuwe aanhangers besorg het. “Ek dink dit is verseker een van die beste liedjies wat ek al geskryf het. ’n Mens dra maar jou hart op jou mou as jy so jou eie liedjies deel,” verklap hy. ’n Albumvrystelling word ook vir die nabye toekoms beplan.

Dawie het in ’n sportiewe huis grootgeword, maar daar was altyd plek vir musiek. Sy ouers het selfs vroeër jare musiekaande by Bronkhorstbaai gehou en dan het bekende name soos Lucas Maree, Anton Goosen en Laurika Rauch kom saamkuier. Alhoewel hy nie toe veel daarvan gemaak het nie, het die gogga hom tog later gebyt toe hy in graad tien sy eerste kitaar gekry en ’n band begin het. Aan die einde van graad twaalf, het by die musiekgroep Klopjag ingeval en vanjaar is reeds sy sestiende in die bedryf.

Alhoewel die groep steeds na al die jare optree en selfs al ’n draai in Engeland gaan maak het, het hy ook in 2009 by Die Tuindwergies aangesluit saam met wie hy by feeste soos Jacaranda Day opgetree het. Sedertdien het hy ook naam gemaak as rolprentmusiekregisseur en -komponis en het hy al agt rolprentklankbane gekomponeer.

Damien Rice, Bruce Springsteen, U2, Cat Stevens, Pearl Jam, Koos du Plessis, Koos Kombuis, Valiant Swart en Lucas Maree is almal kunstenaars vir wie hy groot bewondering het en hy meen dat dit fantasties sou wees om eendag saam met name soos Art Matthews, Karen Zoid, Dan Patlansky, Francois van Coke en David Kramer te werk.

“Ek kan nie sing oor toeters op waterskoeters en goed waarvan ek niks weet nie. So ek hou maar daarvan om te skryf oor die lewe wat ek ken en ervaar. Verder vind ek ook aanklank by musiek en skrywers wat my laat voel asof alles waaroor hulle sing ook van toepassing op my lewe is en wat nie bereid is om hulle integriteit prys te gee nie,” erken hy.

As hy enige ander beroep moes kies, sou hy graag ’n argitek wou wees omdat hy baie van skeppende werk hou. “Die musiekbedryf het my geleer om dat daar nie kortpaaie is nie en dat jy hard moet werk vir wat jy wil bereik. Ek het ook besef dat niks ooit belangriker as jou gesin is nie.”

Dawie glo dat wanneer woorde en prentjies nie meer kan sê hoe jy voel nie, musiek jou sal dra en dit is baie waar oor sy eie werk. Beyond Infinity se diep lirieke gaan beslis luisteraars se aandag trek, maar dis die diep emosie wat in hierdie enkelsnit vasgevang is wat nog vir jare in hulle harte gaan leef.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.