Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Abel Knobel reik solo-enkelsnit uit
Nuus

Abel Knobel reik solo-enkelsnit uit

Redaksiespan20 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger Abel Knobel, wat bekendheid verwerf het as lid van die groep NRG Energie, het onlangs sy solo-enkelsnit Die Stilte Het Gepraat uitgereik.

Die snit wat as ’n mid-tempo ballade kan beskryf word, is deur Abel en Pierre Rossouw geskryf toe hy deur diep waters is. “Die pyn wat gepaard gaan met die verlies van ’n liefde, om meer spesifiek te wees is die inspirasie agter die snit,” sê hy.

Volgens Abel is die doel agter sy debuut enkelsnit om agter te kom wie hy regtig as solo-kunstenaar is. “Die laaste ding wat ek wou doen was om die proses aan te jaag. As mens net iets vrystel wat nie goed deurdink is nie, en ook nie outentiek of authentic aan jou is nie, sal dit nooit so groot impak maak nie, en ek dink ons mark is op ’n plek waar die publiek honger is vir iets wat real en honest is.”

Met die snit het Abel unversiële temas soos eensaamheid en verwerping direk probeer aanspreek. En vertel: “Maak nie saak hoe alleen of verwerp jy dalk mag voel nie, die realiteit is egter, ons is nooit alleen nie. Daar is altyd iemand in die wêreld wat deur dieselfde emosies gaan. Moet nooit toelaat dat enige iets of iemand jou stem onderdruk nie. Dit is tyd vir ons almal se stiltes om te praat, want uiteindelik is dit ons stiltes in die lewe wat ons eensaam en depressief hou. ’n Goeie vriendin van my het altyd gesê: Wees wie jy is, waar jy is, al is dit stukkend en laat jou stilte, wat ookal dit is, praat.”

Die musiekvideo vir die snit beeld basies die storie uit in beelde. “Ek wil nie te veel uitbrei nie, mense moet dit self gaan kyk, maar ek kan verklap dat die video eindig wel op ’n positiewe noot van hoop en oorwinning. Amper soos die beeld van iets wat vir lank in die donker was en uiteindelik die lig gesien het. Ek is ook ’n passievolle akteur, daarom het ek besluit om die hoofkarakter in my eie storie te speel,” vertel Abel.

Kyk die video hier:

 
Oor die album wil hy nog nie te veel verklap nie, behalwe dat dit kant en klaar geskryf is en die produksie soos ’n legkaart van sy lewe gaan wees. “Daar is ’n hele paar verrassings en ek kan wel noem dat ek saam ’n paar groot name in die bedryf gewerk het,” terg hy.

Wanneer Abel nie sing of sy enkelsnit bemark nie, werk hy vryskut by Andre Schwartz se bemarkings besigheid, ASM Marketing. Hy is ook besig om te repeteer vir ’n opwindende kinderteater produksie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.