Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Chanell van den Bergh is terug met ’n ‘oorlog’
Nuus

Chanell van den Bergh is terug met ’n ‘oorlog’

Redaksiespan18 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ná die suksesvolle uitreiking van Chanell van den Bergh se enkelsnit, Twee Tree, is die blondekop sangeres terug met ’n nuwe enkelsnit, wat Oorlog heet.

Oorlog, wat deur Chanell self geskryf is, is ’n pop/country/rock liedjie wat handel oor ’n innerlike geveg wat uiteindelik tot die einde van ’n verhouding kan lei. “Ek het Oorlog al ’n jaar terug geskryf, en ek voel musiek moet ’n mens ’n gevoel kan gee en mense deur moeilike tye dra,” sê sy.

Chanell hoop dat haar gehoor met die liedjie kan vereenselwig, en sê: “Ek dink ons almal was al in so ’n verhouding waar jy baklei teen liefde.” Volgens die sangeres het musiek haar altyd deur moeilike tye gedra, en sy hoop dat haar musiek iemand anders weer deur soortgelyke tye kan dra.

LEES OOK: Chanell van den Bergh ‘twee tree’ nader aan haar droom

Die musiekvideo vir die snit is ook deur Chanell self finansier. “Ons het geen begroting gehad, maar ek was super blessed deur ongelooflike vriende te kan hê, wat kamera toerusting gehad het wat bereid was om te help. Hulle is baie talentvolle artistic mense.” Die video is in Pretoria en Melville geskiet, en deur LAS Productions vervaardig. Dit fokus op die goeie in plaas van die slegte in ’n verhouding.

Kyk die musiekvideo hier:

 
Chanell sing reeds van kleins af, en het op skool gereeld deelgeneem aan kultuur-aktiwiteite. Sy het op skool nasionale goud gewen nadat sy ’n liedjie vir ’n sangkompetisie geskryf het. Sy was ook hoofmeisie van Curro College en beskryf haarself as ’n sagte mens. “Ek is lief vir honde. My gunsteling deel is as ek van die werk afkom en liedjies kan skryf,” vertel sy.

Alhoewel sy nog ’n groentjie in die musiekbedryf is, staan haar rolle in flieks soos As Jy Sing, Trouvoete en Mignon “Mossie” van Wyk vir haar uit. Een van haar grootste loopbaan hoogtepunte is toe sy in 2014 saam met As Jy Sing-geselskap tydens Afrikaans is Groot opgetree het.

Plaaslike kunstenaars soos Theuns Jordaan en Elandré Schwartz inspireer haar en sy skryf oor dinge wat haar raak. Wanneer sy egter nie kon sing nie, sou sy graag ’n CA wou wees aangesien sy goed is met syfers. Internasionaal is dit veral Miranda Lambert, Brad Paisley en Carrie Underwood wat haar inspireer. “Ek is Nashville mal. Country musiek het altyd ’n storie met regte gevoelens en regte mense agter ’n liedjie,” vertel sy.

Chanell se gunsteling musiek-aanhaling is: “musiek voed die siel”, en sy meen dat die een ding wat niemand van haar weet, is dat sy twee linker hande het. “Ek kan geen sport doen om my lewe te red nie, ek was so swak dat mense my gevra het om die netbal span te verlaat op skool. As jy wil lag vra my om ’n tennis bal te gooi,” skerts sy.

Vra jy haar wat die musiekbedryf haar tot dusver geleer het, antwoord sy graag: “Om nooit te verander vir ander nie. Volg jou passie, moet nooit opgee nie en daar is ’n plekkie in die son vir almal.”

En die grootste uitdaging wat sy moes oorkom? “Sjoe, om nie op te gee op my passie nie. Om harder te werk om dit hopenlik voltyds te kan doen binnekort,” antwoord sy.

Chanell sit ook glad nie stil nie. Sy is reeds klaar met haar volgende enkelsnit, Trek My Nader, en is druk besig om haar debuut album te voltooi. Verder is daar ook heelwat optredes in die pyplyn. “Om jou aanhangers persoonlik te ontmoet is iets anders. Ek kan dit regtig nie in woorde beskryf nie, en dis vir my die heel beste van my loopbaan,” sluit sy af!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.