Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Nuwe Burgerd Botha-musiekvideo is ’n visuele triomf

FOTO: Verskaf

Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, Hartlagsiel, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!

Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.

LEES OOK: Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting.  Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.  Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwikkel.  Om die effekte in die video te skep is daar twee “imaging projectors” gebruik om beelde op die kunstenaar en die model (Zia Mowatt), asook op die agtergrond te projekteer.

Kyk die video hier:   

 
Die Sterre is ook beskikbaar op Burgerd se debuut solo-album, Hartlagsiel.

Burgerd se album is nóú landwyd beskikbaar asook digitaal op iTunesGoogle Play MusicSpotify en Amazon