Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jan Blohm se nuwe album is ’n ‘musikale sirkel’
Nuus

Jan Blohm se nuwe album is ’n ‘musikale sirkel’

Redaksiespan15 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Twitter

Die sanger Jan Blohm se jongste vrystelling, Die Liefde Album, is pas na ses jaar uitgereik.

Die Liefde Album is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ’n album gevul blues, rock en poëtry.



Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ’n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, liefde al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe liefde-album homself.

Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ’n doen-ding, nie ’n sê-ding. Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames, en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees. Eerlik en rou, nés die liefde!

Aan die stuur van hierdie produksie is John Masser. Jan se orkeslede was hands on betrokke by die vervaardiging van hierdie album met sy unieke, warm rock-klank. Jan glo ’n album is nie ’n mengsel van liedjies nie, néé, jy skryf ’n album. Met ’n begin en ’n einde; nes ’n liefdesroman. Die befaamde Arnold Coleske was ook betrokke en het Jan gehelp met vocal producing.

Hy’t dit goed reggekry saam met sy spanmaats; John Masser op kitaar en agtergrondstemme, Francois Kleinhans ook op kitaar. Tinus Odendaal op dromme en die bekende Danny Lalouette op baskitaar.

Jan Blohm se debuutalbum wat in 2004 verskyn het, Melkstraat Confession, het die rock-wêreld op sy kop gedraai nadat hy in 2005 met die GMT-Toekennings die kollig gesteel het met Album van die jaar. Breyten se brief was toe as Liedjie van die jaar aangewys en Jan as Beste nuweling.

Daarna het Jan sy loopbaan kaalvoet aangedurf met hoogte- en laagtepunte, maar staan vandag onoorwonne met die vlag in die hand op die spits van die berg as die koning van Rock.

Vele ander toekennings het gevolg soos Huisgenoot Tempo se Beste Rock groep van die jaar in 2005. In 2008 sprei hy vlerke en pluk die hartsnare in London en selfs Beijing, China! Met die 14de jaarlikse SAMA-toekenningsaand word ons Rock-Koning bekroon met Beste Afrikaanse DVD van die jaar.

2009 stel Jan sy 7 Jaar bekend en stap dankbaar weg met die VAMT-toekenning vir Beste Rock album van die jaar asook twee Huisgenoot Tempo-toekennings vir Gewildste Rock album en Alternatiewe musiekvideo van die jaar saam met MK! ’n ‘Rocker’ met meer toekennings as kitare ’n paar jaar terug!

’n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en die grootste van als; Die Liefde…

Jan Blohm breek die kontras tussen rock en liefde, en gaan jou harde rocker’s hart laat smelt met sy nuutste; Die Liefde Album!

Die album titel klink dalk vir sissies, nes hy op skool gespot is toe hy portrette wou teken met houtskool, maar Jan Blohm oortuig met sy nuutste vrystelling; hy het die pad gestap van selfaanvaarding en kan hom nou met reg die kontrasteerende titel toe-eien as die ‘rock-koning van harte’!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.