Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Wikus Botma se nuwe snit bied blik op ’n kunstenaar se lewe
Nuus

Wikus Botma se nuwe snit bied blik op ’n kunstenaar se lewe

Redaksiespan10 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger Wikus Botma het onlangs sy jongste enkelsnit, Afstand Tussen Jou En My, bekend gestel.

Die liedjie wat die storie vertel van hoe kunstenaars hul geliefdes moet agterlaat wanneer hulle gaan toer, is geskryf deur Wikus self, Zanda Traut en Monica Maree. “Ek wil graag hê luisteraars moet hoor dat die lewe op die pad nie altyd so wat wonders is nie. Elke keer wat ek in die kar moet klim en my geliefde agter laat, is dit maar moeilik om so alleen op die pad te wees. Ek weet ek is nie die enigste persoon wat deur dit moet gaan nie, so ek glo meeste luisteraars sal by hierdie lied kan aanklank vind,” sê die sanger.

Wikus meen hy het juis op die snit besluit as sy volgende enkelsnit omdat so baie mense aanklank daarby sal vind. Hy vertel: “Ek het aan die konsep vir die lied gedink toe ek vêr moes ry na ’n vertoning toe ek my geliefde agter moes los. Ek, Zanda en Monica het saam aan die lirieke geskaaf en toe het die melodie en lirieke so mooi bymekaar gekom, ek moes hom so spoedig moontlik vrystel, vir die wêreld om te hoor.”

Hy beskryf sy musiekstyl as pop/rock en bring gereeld ’n akoestiese klank by vertoning in. “Ek is ’n groot aanhanger van akoestiese ballades,” verklap Wikus.

En waarom moet jy die snit aanskaf? “Dit is ’n lekker up beat liedjie wat jy enige tyd en enige plek kan luister. Die lied sal jou ook baie beter laat voel as jy hom luister terwyl jy alleen op die pad is. As jy wil, kan jy lekker op hom dans ook.”

Die musiekvideo, wat van die Kaap tot in die Paarl verfilm is, verduidelik presies waaroor die liedjie gaan. “Ons het baie natuurtonele ingesluit omdat ons wou uitbeeld hoe pragtig ons land is,” verklap Wikus. Daar is ook dele waar Wikus en Shané (die medester in die musiekvideo) na mekaar hardloop en mekaar omhels. “Die heel laaste stukkie van die video wys hoe ek weer alleen stap. Die ontmoeting met Shané was alles maar net ’n dag droom waaraan ek vas hou tot dat ek weer veilig by die huis kan wees,” verduidelik hy.

Kyk die musiekvideo hier:

 
Benwens vertonings en naam maak in die Afrikaanse musiekbedryf is Wikus en sy mede-skrywers druk besig om nuwe musiek te skryf, wat later vanjaar verwag kan word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.