Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Dirk van der Westhuizen blus die koue met ’n ‘sexy’ nuwe treffer
Nuus

Dirk van der Westhuizen blus die koue met ’n ‘sexy’ nuwe treffer

Redaksiespan5 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Eers is daar suiker gegooi, toe spoel hy dit af en nou gaan Dirk van der Westhuizen die koue blus met sy nuwe vuurwarm enkelsnit getiteld Sexy Vi My.

Die enkelsnit, wat ook die titelsnit van Dirk se nuutste album is, is ’n Afrikaanse pop/dansliedjie wat enigiemand sexy gaan laat voel. “Hierdie is definitief ’n liedjie wat jy op die dansvloer uit volle bors gaan saam sing en jy gaan hotter as botter voel,” vertel die sanger en lag nederig.

Die liedjie is deur die talentvolle Johan Oberholzer geskryf. Talle treffers kom reeds uit Johan se pen. Oor die storie agter die liedjie sê Dirk: “Soveel mense se daaglikse lewens is gevul met prioriteite en verantwoordelikhede dat dae, maande en selfs jare net verby hul gaan sonder enige me time en feel good time. Ek hoop die liedjie gaan dit verander.”

Volgens Dirk het hy die liedjie as sy volgende enkelsnit gekies omdat dit belangrik is om mense spesiaal te laat voel, en hy kry dit hoeka reeds reg. “Ek sing die liedjie gereeld by my optredes en mense ontvang dit goed. Ek glo enige iemand met ’n lus vir die lewe, wat ’n bietjie openminded is, sal die liedjie geniet.”

En wat is ’n sexy liedjie sonder ’n sexy musiekvideo? Die musiekvideo, wat deur Christiaan Wolf van Brickwolf Productions opgeneem is, speel af by Dirk se huis en het ’n tropiese gevoel. “Ons het die hele huis verander in ’n tropical house party met palm bome en helderkleurige ligte. Ek en my dansers doen ook ’n Sexy Vi My-dans. Daar is ook tonele waar ek met ’n mooi meisie flirt, vir haar sing, swem en om die swembad kuier. Ek dink dit gaan ’n lekker partytjie-video wees,” sê hy. En ja, die hemde gaan waai. “Ek hou mos daarvan om kanse te vat en voluit te leef,” skerts Dirk.

Kyk die musiekvideo hier:

 
Dirk van der Westhuizen is in Pretoria gebore en sing al vandat hy kan onthou. “As kind het ek elke naweek optredes in my kamer vir die familie gehou. Om te sing en mense te inspireer is deel van my DNA – dis wie ek is en al wat ek nog altyd wou doen,” sê hy.

Dirk is reeds nege jaar in die musiekbedryf doenig en spog met drie suksesvolle albums, ’n rits treffers en meer as ’n twee miljoen YouTube-trefslae. Hy sonder elke vertoning, gesig wat ophelder en saam sing, elke pakkie of sakkie suiker wat hom tref en elke ontmoeting met mense wie se harte hy kon aanraak as hoogtepunte in sy loopbaan uit.

Hy put inspirasie uit ander plaaslike musikante en sê dat hy graag ‘n lied saam met Karlien van Jaarsveld sal wil opneem. Hy noem dat as hy nie ‘n sanger was nie, sou hy ’n persoonlike afrigter wou wees. “Ek het ’n baie groot liefde vir fiksheid en om mense in die beste weergawe van hulself te verander en te motiveer. Om fiks te wees is soveel meer as net n mooi lyf – dis ’n gevoel van vryheid en selfvertroue.”

Dirk hou daarvan om liedjies te skryf wat met die hart praat. Volgens Dirk moet hy homself op die verhoog daarmee kan sien voor dat hy dit goedkeur. “Meeste van die tyd skryf Johan Oberholzer of Vaughan Gardiner regtig mooi liedjies. Ek skryf ook baie van my liedjies self en probeer maar lirieke inwerk waarmee mense kan vereenselwig, maar steeds buite die norm is,” vertel hy.

En nes sy vorige musiek gaan Sexy Vi My iets wees waarby mense aanklank kan vind. “My musiek moet iets in mense wakker maak wat vrede, vreugde en ’n gevoel van geluk bring. Ek wil hê mense moet met toe oë en oop arms die musiek kliphard saam sing en vergeet van alles wat pla en net super happy voel.”

Dirk luister graag na Britney Spears omdat sy ’n groot invloed op hom gehad het as kind en lewe graag met die musiek leuse: “Wanneer woorde opraak sal liedjies verder praat.” Hy beskryf sy musiek as feel good met ’n goeie boodskap of ’n bietjie humor. Hy sal ook graag eendag aanhangers aan sy stem vir ballades wil voorstel…

En wat weet sy aanhanger nie van hom nie? “As ek nie by een van my eie vertonings is nie – is ek bitter skaam tussen mense en voel baie vinnig uit,” vertel hy. En die grootste les? “Dat enige iets wat maklik kom net tydelik is. Jy moet werk vir dit waarin jy glo en moenie op enige iemand staatmaak behalwe jouself nie. ’n Aanhouer wen! Moet nooit in jouself twyfel nie en moet nooit jou lewe en loopbaan met ’n ander sin vergelyk nie. Elke persoon is uniek dus het God ’n unieke plan vir ons almal. En ja, daar is beslis ’n plek in die son vir almal.”

Sy dagboek is reeds volbespreek en hy wil graag mense regoor Suid-Afrika aan sy nuwe album voorstel. Dirk is druk besig om te oefen vir die Afrisaam Fees op 8 en 9 Junie in Springs, waar sy nuwe album eksklusief vrygestel gaan word. Die album sal ook op digitale platforms asook in die musiekwinkels beskikbaar wees, en deur Coleske Artists versprei word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.