Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Rider volg sy ‘plaas spore’ na sukses
Nuus

Rider volg sy ‘plaas spore’ na sukses

Redaksiespan2 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: YouTube skermgreep

Die boerseun sanger, Rider, het onlangs sy eerste enkelsnit Plaas Spore, wat nie net ’n goedvoel treffer is nie, maar ook ’n persoonlike blik op sy liefdeslewe bied, vrygestel.

Plaas Spore, wat ook op Rider se EP, Grondpaaie beskikbaar is, is deur Pierre Rossouw geskryf. Volgens Rider het hy op die liedjie besluit omdat dit na aan die hart lê. “Plaas spore het van my vriende en familie die vinnigste gegryp en die lied het baie met my persoon te doen,” vertel hy.

Rider sê dat die liedjie ’n boodskap van hoop sal oordra. “Plaas Spore se boodskap is wel dat ons almal verlore liefde iewers ervaar en dat jy net moet dans en deur dit alles glad nie ophou om te glimlag nie”

Rider, oftewel Devon de Villiers, is tans 22 jaar oud en woon in Kaapstad. Sy passie vir musiek het reeds van kindsbeen af begin toe hy die klavier en kitaar baas geraak het. Liedjieskryf het sommer vinnig gevolg.

“Oor die jare heen het my eie lewenspad op en af gegaan, goed en sleg, maar met dit alles saam het my liedjieskryf-materiaal net versterk in so mate dat dit nou tot op ’n punt gekom het waar mense nie net my musiek geniet nie, maar ook werklik na die woorde luister en dit ter harte neem en hulle eie maak,” sê die sanger.

Hy beskryf sy musiekstyl as opskop Afrikaans met ’n tikkie rock en meen dat elke liedjie op sy EP iets anders is met ’n vars unike styl.

Diegene wat hul hart wil verloor op musiek of net ’n vinnige braaipartytjie of wil gaan jag sal aanklank vind by die liedjie.

En met ’n sterk liedjie moet daar ook ’n sterk musiekvideo wees, of hoe? Rider en so ’n paar van sy vriende het die musiekvideo self geskiet. “Die video doen baie goed, en mense is mal oor hom. Dit beeld my regte plaasbloed en die goeie ou dae van ouskool liefde uit,” sê hy.

Kyk die video hier:

 
Grondpaaie is Rider se debuut-EP met ses liedjies op. Van iets vir die braaivuur tot ietsie vir die siel. Aanhangers sal ook in hul skik wees om te hoor dat ’n volledige album met twaalf liedjies einde Oktober die winkelrakke sal tref.

Tussen al die musiek maak en optree studeer hy ook om ’n veldgids te word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.