Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Mari Bosman reik nuwe enkelsnit en musiekvideo uit
Nuus

Mari Bosman reik nuwe enkelsnit en musiekvideo uit

Redaksiespan25 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die donkerkop sangeres, Mari Bosman, het pas ’n nuwe goedvoel liedjie oor hoop en vergifnis vrygestel. Dié liedjie wat in Mari se woorde as ‘rooiwyn rock’ beskou kan word, is deur die talentvolle sangeres self geskryf.

Hou Vas is ’n folk-popliedjie wat hoop gee in ’n donker land. “Met al die slegte dinge wat rondom ons aangaan en mense wat gou moed verloor, het ek die liedjie geskryf om mense weer ’n bietjie hoop te gee,” sê sy. “Kom waai die wind weer in my seile, die gif is uit my pyle, verwys na vergifnis. Ek glo dit speel ’n baie belangrike rol in aanbeweeg.”

Sean Manley het die verwerking van die liedjie gedoen, terwyl die bekwame Vaughan Gardiner gesorg het vir die meng en meester daarvan. Ricus Nel het op sy beurt gesorg vir die kitare op die liedjie.

Mari is oorspronklik van die Paarl, maar het onlangs Pretoria toe getrek om haar loopbaan in musiek te volg. Sy het reeds van kindsbeen af begin kitaar speel en liedjies skryf. Sy het onlangs BSc studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en dis híér waar die musiekgogga haar gebyt het. Teaters soos Dorpstraat en Aan de Braak en verhoë deel met Valient en Koos het haar geïnspireer om musiek as loopbaan te kies. Sy het egter eers vir ses jaar Biologie gegee by Paarl Gimnasium. Die spreekwoord lui nie verniet: “teacher by day, rockstar by night.” Sy was immers ook deel van die Dogters van Man-groep in 2015 voor sy haar solo-loopbaan kon volg.

Mari sê sy hoop die nuwe liedjie sal mense laat goed voel, inspireer en aanmoedig om die lewe met al twee hande aan te pak. “Dit het ’n lekker ritme waarop daar gebraai, gedans of geroadtrip kan word, maar met ’n positiewe, dieper betekenis,” vertel sy. Sy wil hê luisteraars moet goedvoel en die liedjie moet hul harte raak.

Die musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem is, speel hoofsaaklik in Vaughan Gardiner en Hugo Ludik se ateljee af en beeld die proses uit vanaf inspirasie kry vir ’n liedjie, tot die finale produk. Oor die storie van die video sê Mari: “Wat die video anders maak, is dat ek kykers betrek in die proses van liedjieskryf en opnames.”

Kyk die musiekvideo hier:

 

Mari is reeds twaalf jaar in die musiekbedryf doenig, en sê om ’n vehoog met van Suid-Afrika se top kunstenaars te deel, een van haar hoogtepunte is sover.

Sy put gereeld inspirasie uit plaaslike kunstenaars en liedjieskrywers soos Valient Swart, Jan Blohm, Karen Zoid en Elvis Blue. “Elvis se energie op die verhoog en die manier hoe sy lirieke en melodieë mense raak is iets besonders. Omdat ons genre baie dieselfde is, is dit waarna ek streef,” vertel sy. Nog een van haar gunsteling liedjieskrywers is Christoph Kotze, beter bekend as APPEL.

Mari sê dat alledaagse gebeure haar musiek inspireer en vertel: “Dit is baie onvoorspelbaar. Hou Vas se koor het ek geskryf terwyl ek my kar gesoek het in ’n groot parkeerarea. Iets eenvoudig soos ’n koerant berig kan ’n liedjie inspireer. Ek het baie liedjies geskryf met my kitaar en ’n bottel rooiwyn.”

Wanneer sy nie kon sing nie, sou sy graag ’n aktrise of veearts wou word. “Dis dalk te laat vir ’n veearts, maar ek sal graag nog toneel wou speel,” vertel sy. En waarna luister sy graag? “Ek is mal oor musiek uit die 60’s en 70’s. Dalk omdat ek ’n bietjie van ’n ou siel is! Ek hou ook van Country musiek en folk.”

Haar gunsteling musiek aanhaling is die van ene Bruce Springsteen, en lui: “The best music is essentially there to provide you something to face the world with.” Mari bieg ook dat niemand weet dat sy vir Maties branderplank gery het nie.

Mari glo soos die bedryf konstant verander moet kunstenaars hulself verander om by tye aan te pas. “Die musiekbedryf verg ook baie geduld, harde werk, geloof en uithouvermoeë,” vertel sy. Haar grootste uitdaging is juis om die pot aan die kook te hou. “CD-verkope het drasties gedaal as gevolg van die internet.”

Benewens die uitreiking van haar nuwe liedjie en musiekvideo is Mari ook druk besig om aan haar tweede album, wat in samewerking met BBS Records opgeneem word. Volgens Mari is die nuwe album vol lekker-luister-liedjies en musiek met ’n dieper betekenis. “Ek wil mense aanraak deur lirieke en hulle ’n rede gee om weer positief te voel oor die lewe en die liefde.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.