Karen Zoid en Johnny Clegg het in Donderdagaand se episode van die Republiek van Zoid Afrika sy ikoniese treffer, Great Heart, gesing.
Dit het na afloop van die episode binne oomblikke die gewildste liedjie op die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel geraak.
Die komediant Schalk Bezuidenhout en skrywer Erns Grundling was Karen se ander besoekers in haar republiek.
Vir Karen was dit egter veral ’n roerende ervaring om met Johnny, Suid-Afrika se sogenaamde “wit Zoeloe” wat ’n stryd teen kanker voer, te gesels.
“Ek het al met meer as 200 ongelooflike mense onderhoude op Republiek van Zoid Afrika gevoer, waarvan elkeen uniek en spesiaal op sy eie manier was, maar die tyd saam met Johnny Clegg was heilig en almal in die ateljee kon dit aanvoel,” sê Karen.
“Dit was deurdrenk met lewenswyshede, eerlikheid, respek en emosie. Hierdie is oomblikke met ’n ware legende wat ek vir ewig saam met my sal dra.”
Sedert die vyfde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika op 10 Mei begin het, het elke episode se verwerkings dadelik trefferstatus behaal.
Die huidige seisoen se treffers is: She always gets what she wants (met Ross Learmonth van Prime Circle), Skepe (met Jo Black) en die Johannes Kerkorrel-liedjie, Hoe ek voel.
Alle liedjies op Republiek van Zoid Afrika is eksklusief op Apple Music en iTunes beskikbaar. Op iTunes betaal jy R9.99 per liedjie. Met meer as 45-miljoen liedjies bied Apple Music ’n gratis proeftydperk van drie maande, sonder enige verpligting om ’n intekenaar te word. Verskillende inteken-pakkette bestaan, van R29.99 per maand vir studente, individuele lidmaatskap van R59.99 per maand of ’n gesinspakket teen R89.99 per maand.
In die vierde episode van Republiek van Zoid Afrika, wat op 31 Mei uitgesaai word, kuier die sanger Refentse en aktrise Milan Murray by Karen.
Luister hier na die treffer op Apple Music:
Hier is die volledige RZA-speellys wat weekliks gevul gaan word met die treffers op die program: