Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Zoid binnekort terug op die kassie
Nuus

Zoid binnekort terug op die kassie

Redaksiespan12 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Anelia Loubser

Suid-Afrikaners kan hul paspoorte afstof vir ’n onvergeetlike besoek aan die Die Republiek Van Zoid Afrika.

Die splinternuwe seisoen van kykNET se bekroonde geselsprogram met Karen Zoid as aanbieder begin op Donderdag, 10 Mei 2018.

In die nuwe reeks vergroot President Karen haar reeds indrukwekkende kabinet met nóg glansmense, sporthelde, legendariese sangers en ander beroemdes en berugtes.

Republiek van Zoid Afrika is onlangs vir die derde keer as Suid-Afrika se beste geselsprogram aangewys toe dit ’n SAFTA-toekenning hiervoor ontvang het, terwyl die reeks ook al talle Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het.

Van die gaste in hierdie reeks is Eben Etzebeth, Refentse, Johnny Clegg, Jo Black, Minki van der Westhuizen, Franz Marx, Patricia Lewis, Yvonne Chaka Chaka en Johan Stemmet.

Kyk hier na ’n voorskou:

Carien Loubser, die reeks se vervaardiger en regisseur sê: “Daar is hoendervleis-oomblikke, daar is snaakse oomblikke en daar is diep oomblikke – alles saam verpak in ’n uurlange episode.”

Ouder gewoonte sal episodes afgesluit word met verwerkings van trefferliedjies en in Apple se iTunes-aanlynmusiekwinkel beskikbaar gestel word. Vorige seisoene se verwerkings het keer op keer iTunes se trefferlys gedomineer.

Karen is veral baie opgewonde oor die vyfde reeks se musiek. “Ek en die musiekvervaardiger van die RZA album, Theo Crous, is oortuig daarvan dat hierdie album, die beste nog is,” sê Karen.

“Mense wag met elke episode vir die liedjie aan die einde en dit is vir ons ’n hoogtepunt om die program só af te sluit.”

Kykers kan ook weer uitsien na skreeusnaakse insetsels met die Republiek van Zoid Afrika se geliefde panfluitsensasie, Marinda Senekal en haar maltrap familie.

Republiek van Zoid Afrika word vanaf 10 Mei op Donderdae om 20:30 op kykNET uitgesaai.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.