Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»TWEE se nuwe album is hier
Nuus

TWEE se nuwe album is hier

Redaksiespan23 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Kort op die hakke van hul weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE se tweede album, Sirkels wat nóú bekikbaar is by alle goeie musiekwinkels en op digitale platforms.



Gehore reg oor die land het verlief geraak op Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle wye verskeidenheid liedjies waar luisteraars sal kan huil, dans, glimlag, nostalgies wees, om die braaivleis vuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister.

Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie omdat hy juis wil hê die luisteraar die liedjies hul eie moet kan maak na aanleiding van hul eie ervaringe. Hy noem ook dat hy weer universele temas gekies het waarby baie uiteenlopende mense aanklank kan vind.

Herman hou homself selfs rymkletser op een van die liedjies en sê: “As Ed Sheeran dit kan doen, kan hierdie gemmer mos ook. Ek sit op elke album altyd ’n lukrake liedjie waarmee ek sommer net die waters toets. Ek is werklik opgewonde om die luisteraars se opinie hieroor ook te hoor.”

TWEE tree landwyd op in meestal intieme atmosfere waar hul gehore op ’n diep emosionele reis saam met hul neem met hul eenvoudige maar treffende melodieë en lirieke.

Herman het weer al die liedjies gepen, en Maria het vir die eerste keer ook een liedjie bygedra tot die album. Herman self skryf ook nou vir ander bekende kunstenaars wat sy unieke skryfstyl leer ken en vertrou het oor die afgelope paar jare. Die opname van die album is behartig deur Jurgen von Werchmar van Sunset Studios wat weer die egheid van hul klank kon vasvang op die vars, rou en onopgesmukte duo se klank.

Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers het mekaar ses jaar gelede in Kaapstad ontmoet en onmiddelik besef dat as hul saam sing en speel mense ’n tasbare magiese gevoel ervaar en so is TWEE gebore.

Maria se ander twee groot passies is om skool juffrou te wees asook om die bekroonde Hoërskool Durbanville se skool koor af te rig. Herman skoei weer sy talente elders op sy toep Helping Out wat ’n platform daar stel vir gemeenskappe en mense om mekaar te help sonder winsbejag waar daar ’n behoefte is.

TWEE gaan aanhou om deur Suid Afrika te toer en vriende te maak met hul gehore.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.