Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Radiomanne snoer kragte vir nuwe snit
Nuus

Radiomanne snoer kragte vir nuwe snit

Redaksiespan15 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Luister hier na ’n voorskou:

Só het die liedjie Tot Liefde Vergaan uiteindelik ontstaan.

’n Bietjie meer DJ City Bay:

FOTO: Facebook

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op die ouderdom van 14, en gou besef dat dit iets is wat gekoester en ontwikkel moet word. Hy het later musiekproduksie, radiojoernalistiek en vir ’n loopbaan in die uitsaaiwese studeer. Dit was onvermydelik dat hy uiteindelik in radio beland het waar hy die afgelope 8 jaar suksesvol as vervaardiger en aanbieder werk. Hierdie werk het hom in staat gestel om die hele tyd by musiek betrokke te wees.

Sy passie het aanhou groei en deesdae het hy veranderings aangaande sy genre gemaak. Dit is nou meer elektronies, hy bring klanke soos House, EDM en Hip Hop voort. Dit is ook hoe DJ City Bay gebore is. Tans werk DJ City Bay saam met verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars wat sorg vir verskillende klanke en musiekgeure.

Dus, as jy jouself wil verloor in die grootste, nuutste, snaaksste musiek – briljant vervaardig en gemeng – maak seker dat DJ City Bay jou op sy musiekwolk wegvoer. Sy musiek is op verskeie aanlynmusiekwinkels en ander sosiale media-platforms beskikbaar.

Tot Liefde Vergaan is nou op digitale platforms beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.