Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Mariska stel eerste enkelsnit bekend
Nuus

Mariska stel eerste enkelsnit bekend

Redaksiespan15 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Mariska glo dat musiek met die hart praat op ’n manier wat woorde alleen nie kan nie en dit is beslis ’n raak beskrywing van hierdie nuweling se treffende aanslag, wat beloof om groot opslae te maak in die Afrikaanse Musiekbedryf.

Dankie, die titel- en eerste enkelsnitvrystelling, is deur Johan Oberholzer geskryf en het ’n lekker ritme en betekenisvolle lirieke. Dit gaan daaroor om dankbaar te leef. “Sê ’n mens ooit genoeg dankie? Dit is op my hart om dankie te sê vir so baie dinge in my lewe. Vir die Here omdat hy my drome waar maak, vir aanhangers wat my musiek gaan luister en ondersteun en vir almal wat hard gewerk het om my tot op hierdie punt te bring,” sê die sangeres. “Die lied kom uit my hart uit en ek tel elke dag my seëninge, want alles is net genade.” Die liedjie word gedurende die week van 14 Mei 2018 aan radiostasies landswyd uitgereik en daar word ook ’n musiekvideo vir hierdie pragtige lied beplan.

Mariska het op ’n plaas net buite Hoedspruit grootgeword en is reeds vandat sy vyf jaar oud is in vervoering met klassieke musiek. Sy het begin met sanglesse toe sy in graad 1 was en het daarna ook vinnig instrumente soos die klavier, viool en klawerbord bemeester, waarvoor sy ’n hele string toekennings verwerf het by die Eisteddfod in haar matriekjaar. Op sewentien reik sy haar eie demo-album, Optelmeisiekind, uit met ses-en-dertig Afrikaanse en Engelse snitte. Dit het gelei tot die vrystelling van twee musiekvideos in 2011, Reënboog Hart en Alles Vir Liefde – ’n duet met Rian Ungerer wat ook gekies is om Afrika te verteenwoordig in ’n Eurovision musiekvideokompetisie. Laasgenoemde maak ook deel uit van Select Musiek se album- en DVD-samestelling, Ons Sing Duet.

Soet Soos Suiker, haar heel eerste amptelike enkelsnit, is baie goed ontvang en kan vandag nog oor die radio gehoor word. Die musiekvideo, wat deur Hartiwood Films (Liefling – Die Movie, Pretville) vervaardig is en onderwatertonele insluit, het baie aandag getrek en vir haar ’n kuier op die musiekprogram, DKNT, besorg.

Gedurende hierdie tyd, kruis haar paaie ook met Rudi Claase wat haar nie net help om ’n aanlyn-album, A Tribute to Enya (2016), uit te reik nie, maar ook vir haar die geestelike liedjie, Vrede, skryf. Hierdie snit sal ook op haar nuwe album verskyn en die musiekvideo is reeds deur heelwat mense op YouTube gekyk. Die ster, wat ook spog met musiekopleiding van The Campus Of Performing Arts, tree gereeld by musiekgeleenthede op en was deel van feeste soos die Liggiefees, Hoedspruit Wildsfees en die Tierlantynkies Fees, om maar net ’n paar te noem.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy hard besig met haar BA Sielkundegraad en meen dat sy ’n beroep in musiekterapie sou oorweeg het as sy nie self kon sing nie. Dié kunstenaar is vreeslik lief vir die Here en beskou elke treetjie in haar musiekloopbaan as ’n hoogtepunt. Sy meen dat gewilde country- en popmusikante die grootste invloed gehad het op haar eie musiekstyl en het groot bewondering vir sangers soos Juanita du Plessis, Corlea Botha, Nadine, Elandrè, Monique Steyn, ADAM en Joshua na die Reën.

Die musiekbedryf het vir Mariska geleer om hard te werk vir wat sy wil hê en om nie te gaan lê wanneer dinge nie uitwerk soos beplan nie. Sy wil graag met haar werk vir mense wys wie sy is en wat sy het om te bied en met haar nuwe album is hierdie meisie, met haar stroopsoet stem en vars aanslag, sterk op pad om hierdie droom te verwesenlik… want jy kan nie anders as om aandag te gee en meegevoer te raak wanneer jy vir die eerste keer daarna luister nie.

Haar stroopsoet stem, passie vir wat sy doen en sielvolle lirieke is die kragtige bestanddele agter haar debuut-album, Dankie, wat binnekort vrygestel word en beslis op al wat ’n musiekliefhebber is se CD-rak gaan pronk.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.