Juanita du Plessis vier 20 jaar met spesiale album

Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf, en wat ’n beter manier om hierdie indrukwekkende mylpaal te vier as met ’n spesiale uitreiking van treffers oor die laaste tien jaar.  

“My 20 jaar treffers album is klaar en ek kan nie meer wág om alles met julle te deel nie! (Ek wag al 20 jaar hiervoor),” skryf Juanita op haar Facebook-blad.

Die album, wat 20 Jaar Treffers van 2008 – 2018 heet, bevat treffers soos Wit Vlag, Hambamba, Hart vol Drome, Jou Volla, Engel Van My Hart, As Vandag My Laaste Dag Is,
Wees Lig en vele meer.

’n Lekker verrassing op die album is drie splinternuwe liedjies. Vir diegene wat nie solank kan wag vir die album nie, is daar spesiale voorskoue.

Luister hier:

Die spesiale vrystelling sal vanaf 11 Mei landwyd in musiekwinkels asook digitaal op iTunes, Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar wees.