Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bouwer Bosch stel ‘Skatkis’ bekend
Nuus

Bouwer Bosch stel ‘Skatkis’ bekend

Redaksiespan30 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Bouwer Bosch se klank en aanslag is onmiskenbaar eiesoortig en hy is ’n kunstenaar wat met niemand anders verwar kan word nie.  

Hy is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy het van dag een af diep spore in die harte van sy aanhangers kom trap met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke en humorsin.

Vandag is hy ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met verskeie albums, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy is ook TV-aanbieder en regisseur en sy liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen, gaan van krag tot krag.

Hierdie talentvolle man sit nie stil nie en stel gedurende die week van 30 April 2018, sy splinternuwe enkelsnit, Skatkis, bekend.

“Skatkis gaan oor wanneer jy tot die besef kom dat ons almal eintlik maar net ’n verlore wrak is wat sink met ’n skatkis.  Soms probeer jy die lewe te veel beheer, soms laat jy mense toe om jou ook te beheer. Dit is juis dan wanneer jy moet laat gaan en besef dat dit okay is om nie altyd in beheer te wees nie en om ook soms weerloos te wees”, sê Bouwer.

Volgens Bouwer is die moeilikste ding van verhoudings (romanties of vriendskaplik) nie om lief te hê nie, maar om ander toe te laat om jou lief te hê.  

Hy gaan voort:  “Die oomblik as jy besef dat almal ’n wrak is met ’n skatkis binne hulle kyk jy anders na mense, jy besef dat almal op hul eie reis is, almal het hul eie battles wat hul daagliks moet baklei.  Op die ou einde van die dag gaan ons almal in elk geval sink met net die skatkis steeds binne ons.”

Luister hier na ’n voorskou:

Skatkis is beskikbaar op iTunes en Spotify asook sy album Hopelik wat landwyd beskikbaar is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.