Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bekende sanger die stem agter kykNET-sitkom
Nuus

Bekende sanger die stem agter kykNET-sitkom

Redaksiespan23 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

Mense Mense gaan oor ’n groep vriende wat hulle lewens deel deur saam te werk, kuier en woon in een gebou. Dit lê die wipplankrit van vriendskap, verhoudings en volwassenheid bloot, maar bowenal die onwrikbare liefde tussen vreemdelinge wat familie geword het.

Bekende akteurs soos Sandra Prinsloo, Crystal-Donna Roberts, Bobby van Jaarsveld, Lea Vivier, Solomon Cupido en Reynard Slabbert is almal in die reeks te sien met Pierre van Pletzen agter die kamera en Nico Scheepers as regisseur.

“Mense Mense word geposisioneer as ’n ‘nuwe ou gunsteling’ en die temalied moes dit weerspieël. Len Muller se Vrede is prettig, tog nostalgies. Dit onderskaag samesyn sowel as deernis – temas wat gereeld in die sitkom te sien is. Boonop is die lied ook ’n heerlike oorwurm,” sê Nouvanaand-vervaardiger, Chanél Muller, oor hoekom hulle op hierdie spesifieke lied besluit het.

LEES OOK: DECA en Len Muller maak musiek om te ‘oorwin’!

Die sanger wie se treffer, Smag na Jou, op die klankbaan van die fliek Strikdas gebruik is, is baie opgewonde oor die voorreg om sy musiek weekliks op die kassie te hoor en sê: “Toe hulle my kontak om te hoor of hulle my liedjie kon gebruik, moes ek myself ’n paar keer knyp om seker te maak dat ek nie droom nie. Nog meer toe ons die musiekvideo verfilm waarin Sandra Prinsloo en Bobby van Jaarsveld speel. Nadat ek die snit opgeneem het, het ek altyd gedink dit kan lekker werk vir ’n sitkom of televisiereeks se temalied. Ek het dit toe vir ’n paar vervaardigers aangestuur en ook aan Nouvanaand Films voorgelê. Hulle het baie daarvan gehou, maar my eers ’n jaar later weer hieroor gekontak. Natuurlik het ek ja gesê en die res is geskiedenis.”

Len se debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer. Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. Hy is veral bekend vir die gewilde duet, Vir Die Een Wat Geval Het, wat hy saam met Joshua na die Reën vrygestel het, asook die kitstreffer, Ek Glo, waarvan die video binne slegs ’n paar dae deur duisende mense gekyk is op YouTube.  

LEES ONS RESENSIE OOR LEN SE OOG VAN DIE STORM HIER

Mense Mense (Vrede) se musiekvideo is op die dak van MultiChoice City geskiet en kan gereeld op kykNET (DStv-kanaal 144) gesien word.  Die enkelsnit, wat geneem is vanaf die sanger se tweede solo-album, Oog van die Storm, sal ook eersdaags oor die radio gehoor word.

Kyk die musiekvideo hier: 

 
Len Muller is bekend vir sy diep lirieke en strelende stem en wil graag musiek skep wat lekker is om na te luister, mense sal raak en onthou sal word. Met sy nuutste prestasie oortref hy nie net sy eie verwagtinge nie, maar verewig hy ook sy plek in die Afrikaanse vermaakgeskiedenis.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.