Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n Nuwe enkelsnit vir André Schwartz!
Nuus

’n Nuwe enkelsnit vir André Schwartz!

Redaksiespan17 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“…maar ek het dit nooit verwag, want hier staan ek weer. Dans dieselfde dans, maar voel soveel meer. Kry ’n tweede kans op ’n eerste keer met jou. Die eerste keer met jou…” is maar net ’n paar treffende lirieke uit die splinternuwe enkelsnit, Tweede Kans, deur een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaar, wat nie net spog met ’n moderne en unieke klank nie, maar beloof om by gehore van alle ouderdomme aanklank te vind.

André Schwartz is beslis een van die grootste supersterre wat die plaaslike vermaakbedryf nóg oor die afgelope paar dekades opgelewer het. Nie net slaan hy asems weg as bekroonde sanger, liedjieskrywer en verhoogkunstenaar nie, maar beïndruk ook as akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder. Hy besit verder sy eie bemarkingsmaatskappy, André Schwartz Marketing, wat met groot korporatiewe kliënte werk en is ’n perfeksionis wat ’n sukses maak van alles wat hy aanpak. Daarom is dit geen verrassing dat sy nuutste musiekvrystelling nie net sy bestaande reputasie gestand doen nie, maar eintlik sy wenresep oortref.

Tweede Kans, kan beskryf word as ’n popsnit met ’n volwasse kontemporêre aanslag en vertel hoeveel dit vir jouself, en iemand anders, kan beteken wanneer jy bereid is om tweede kanse te gee.

“Ek was mal oor die liedjie toe ek dit vir die eerste keer hoor. Die melodie is beeldskoon en die lirieke, wat Joe Foster geskryf het, vang empatie vas. Ons is so vinnig om mense uit ons lewe te sny. Deur vir enigiemand met wie jy al ’n pad gestap het nog ’n kans te gee, hetsy op ’n persoonlike of professionele vlak, kan vir albei partye ’n baie lonende ervaring wees,” verduidelik André.

“Die snit het ’n lekker ritme, maar is beslis nie ‘bubble gum’ nie en is iets waarna jy regtig kan luister. Mense geniet integriteit en daar is ’n integrale integriteit hierin wat luisteraars van alle ouderdomme gaan intrek.”

Luister na ’n lusmaker hier: 

Een van die aspekte wat van hom so ’n merkwaardige musikant maak, is die feit dat sy werk nie in ’n spesifieke genre-boksie vasgevang kan word nie. Hy kan ’n kragtige emosionele stuk uit ’n musiekblyspel net so moeiteloos opvoer soos een van sy poptreffers van ouds en daarom was dit vir die sanger lekker om iets nuut te probeer.

“Dit was nogal vir my ’n uitdaging om hierdie tipe volwasse kontemporêre styl, wat tans so in die mode is, behoorlik vas te vang in terme van dinge soos frasering. Dit was vir my baie lekker, veral omdat dit ’n styl is waarin ek nog nie gewerk het nie,” verklap hy. Die enkelsnit vorm deel van ’n nuwe album wat vir later vanjaar beplan word.

André is al van jongs af doenig met musiek en het op veertien sy televisiedebuut gemaak. Hy het klassieke musiekopleiding gehad en is net so gemaklik agter die klavier as agter die mikrofoon. Daar is veertien solo-albums op sy kerfstok, waarvan byna almal goue verkoopstatus bereik het en verskeie liedjies deur hom self geskryf is.

Verder is hy bekend vir verskeie radiotreffers soos Ek wil jou nooit weer sien en Lief vir alles hier en het hy ’n manier om gehore vir ure lank te bekoor met sy aangrypende en sjarmante verhoogpersoonlikheid. Hy is ook ’n uiters talentvolle teaterster, wat bekendheid verwerf het vir kragtige hoofrolvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en The Phantom of the Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word hy beskryf as een van die beste ‘Phantoms’ ter wêreld.

Dié kunstenaar is die enigste Suid-Afrikaner wat Andrew Lloyd Webber se stempel van goedkeuring wegdra en is juis tans te sien in die rol van Captain von Trapp in die verhoogproduksie van The Sound of Music by Montecasino.

Wanneer jy hom uitvra oor die hoogtepunte van sy loopbaan, sê hy: “Dis ’n moeilike een. Dit is ’n wonderlike gevoel om jou eerste CD in jou hand vas te hou en om te hoor dat jou musiek goed doen op die radio. Net so is dit ook ’n voorreg om in die kleedkamer te sit en te hoor hoe die gedruis van stemme harder word, soos wat al hoe meer mense inkom, en jy besef dat hulle almal daar is om jou te sien optree.” As hy nie ’n vermaaklikheidster of bemarker was nie, sou hy tien-teen-een in die mediese veld wou werk, omdat medisyne hom nog altyd gefassineer het.

Volgens André moet musiek ’n storie vertel en met luisteraars praat en hy meen dat sy nuutste vrystelling dit perfek regkry en ook simbolies is van sy planne om weer vir ’n slag sy eie vertonings te doen.

“Ek het met Tweede Kans gesoek om balans te kry tussen musiek en liriek wat saam praat. Die hoofdoel is egter om weer te begin konserthou. Dis iets wat ek baie afgeskeep het, maar waaroor ek baie opgewonde is omdat ek soveel nuwe dinge het om met gehore te deel,” gesels hy. “Wanneer een deur toegaan, maak God ’n venster oop en ons moet dit raaksien en aangryp as ’n tweede kans,” voeg hy by.

Hierdie treffer kan binnekort oor die radio gehoor word en sal eersdaags beskikbaar wees op JOOX. Gebruik gerus sy unike kode AndreSchwartz om VIP-toegang vir een maand te kry. Daar is ook ’n musiekvideo in die pyplyn wat later uitgereik word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.