Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bottomless Coffee sing pragtig in Afrikaans
Nuus

Bottomless Coffee sing pragtig in Afrikaans

Redaksiespan14 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Bottomless Coffee moes vir die perfekte dag wag om die video vir hul eerste Afrikaanse liedjie Ek Sal Wag te skiet.

Een van die lede, Lourens Rabé verduidelik: “Ons het Ek Sal Wag begin konseptualiseer rondom die gevoel van winter. Die liedjie was geskryf tydens toer op ’n koue en grys dag in Londen, en ons wou hierdie selfde gevoel vasvang op die video. Ons moes daarom die weervoorspelling dophou siende dit steeds somer was toe ons die video moes skiet. Toe die nodige kouefront uiteindelik op pad was, moes ons alles opsy skuif en dinge vir die maak van die video blitsvinnig reël.”

Volgens Lourens was die weer op die dag self ook maar op en af. Na ’n tydperk van “jakkals trou met wolf se vrou” kon hul net gedeeltelik verfilm as dit bewolk was en moes elke keer stop sodra die son uitgekom het.

“Ons is toe so 18:00 na die Paarl-berg en teen daardie tyd het die wolke behoorlik ingerol. Dit het soos winter in sy volle glorie gevoel. Ons moes albei so paar keer die berg uithardloop om die perfekte materiaal te verfilm. So ’n uur later het dit begin reën en ons was papsopnat – maar dit was alles die moeite werd. Ons is so bly oor hoe die video uitgedraai het,” sê hy

Die liedjie is Bottomless Coffee se heel eerste Afrikaanse radiosnit. Tot nou toe het die duo net in Engels gesing, maar Lourens en Esté Rabé het hul aanhangers vroeër vanjaar verras toe hulle twee Afrikaanse liedjies op hul nuwe 11 snit album Anthelia, wat in Februarie uitgereik is, ingesluit het.

Esté noem dat die liedjie eers in Engels geskryf was en hulle toe besluit het om dit in Afrikaans te vertaal. “Ons was in 2016 in België genooi na ’n braai op ’n woonstel se dak en die gasheer het ons gevra om iets in Afrikaans te sing. Ons het toe nog nie ons eie Afrikaanse liedjies geskryf nie en het Laurika Rauch se Stille Waters vir hulle gesing. Ons het op pad huis toe gesels oor hoe trots ons daarop was om by hierdie geselligheid in ons moedertaal te kon sing. Ons het toe geweet dat ons graag op ons volgende album ook Afrikaanse liedjies wil insluit.”

Die lied self is in Londen tydens dieselfde toer in 2016 geskryf. Esté onthou die dag goed: “Ek en Lourens het verskillende kapasiteite vir inkopies. Ons het op hierdie dag rondgesnuffel in die welbekende Denmark straat in Londen. Nadat ek een keer ’n rondte gedoen het van al die winkels, het ek besluit om vir Lourens in ’n koffie kroegie te gaan wag terwyl hy nog kitare toets en beloer. Soos ek gaan sit het by die venster toonbank, het ek opgemerk dat daar ’n dame by ’n tafeltjie op die sypaadjie sit. As die venster nie tussen ons was nie, sou ons ongemaklik naby aan mekaar gesit het soos twee vreemdelinge, maar as gevolg van die venster was ons geskei. Dis daar en dan dat ek die inspirasie gekry het vir hierdie liedjie. Vensters groei tussen ons en baie dinge in ons lewens (meestal tussen ons en ons naastes) – wat ons skei van mekaar sonder dat ons dit eers agterkom. Ons is naby aanmekaar, maar ons het ophou kommunikeer. Hierdie liedjie gaan oor die wag vir hierdie vensters om weer te smelt; om te wag vir die persoon se hart om weer na jou terug te keer,” vertel sy.

Kyk die musiekvideo hier:

 
Die groep tree binnekort in George, Pretoria, Bloemfontein, Betlehem, Ermelo en  Potchefstroom op. Besoek hul webblad vir al die datums.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.