Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Chanell van den Bergh ‘twee tree’ nader aan haar droom
Nuus

Chanell van den Bergh ‘twee tree’ nader aan haar droom

Redaksiespan13 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

HOOFFOTO: Verskaf

Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.

Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”

Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.

Kyk die musiekvideo hier:

“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.

Chanell is intussen ook besig met haar volgende enkelsnit wat Oorlog heet. “Ek kan nie wag dat mense dit hoor nie. Ek hoop mense kan vereenselwig met my musiek en dat dit ’n verskil sal maak. Ek dink my musiek is anders en hoop die publiek word ook gevoed deur my musiek soos dit my siel voed.”

Chanell is veral mal oor Nashville se musiek met bekende wêreldklas kunstenaars soos Miranda lambert, Brad Paisley en Carrie Underwood. “Country musiek het altyd ’n storie met regte gevoelens en regte mense agter ’n liedjie. Ek hoop dat veral Afrikaanse vrouens, maar ook mans wat oop is vir musiek en die kwaliteite daarvan, sal aanklank vind by my musiek. Ek dink enigeen met ’n passie vir musiek en wat die waarde daarvan besef, sal dit geniet.”

Sy vertel ook dat sy nog altyd baie passievol oor musiek was en al doenig is in die musiekbedryf vandat sy veertien jaar oud is. “Ek was hoofmeisie van Curro College en my vriende het altyd gesê ek is ’n weirdo. Ek werk tans in die finansiële sektor van ’n telekommunikasie maatskappy, omdat ek dit geniet om met syfers doenig te wees. My gunsteling deel van die dag is wanneer ek van die werk af kom, my honde groet en op my bed kan sit en liedjies skryf.”

Chanell put graag inspirasie uit Theuns Jordaan en Miranda Lambert se musiek. “Ek skryf oor hoe ek voel in elke oomblik. Ek vind maklik inspirasie in die dinge om my,” sê sy.

Hoogtepunte tot dusver sluit in haar rol in die flieks As jy Sing en Trouvoete en die liedjie Little Monster wat sy vir die film Mignon Mossie Van Wyk geskryf het. “Ek hoop om my passie en droom uit te leef en sodoende ’n verskil te maak. Ek skryf self my musiek en wil passievolle musiek lewer en ’n sterk handelsmerk opbou.”

Chanell hoop om mense aan te raak, ’n verskil te maak en ’n voorbeeld te wees met haar musiek, goeie kwaliteit verwerkings, video’s en optredes. “Ek glo om nooit te verander vir ander nie en om nooit op te gee op jou drome nie. Ek hou van lewendige optredes en waardeer die gehoor se terugvoer. Daarom sal elk my gehoor altyd met respek en dankbaarheid behandel.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.