Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Tweeling broer en suster sing saam
Nuus

Tweeling broer en suster sing saam

Redaksiespan5 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Van 2007 sing hierdie 24-jarige tweeling van die Noord-Kaap, akoestiese weergawes van ou bekende gunstelinge uit verskeie genrés wat wissel van pop/rock en country, tot gospel, Afrikaans en enige iets tussen in.

Melissa en Corrie Munnik deel nog altyd ’n liefde vir musiek, maar kon eers later in hul lewe ’n groep stig met die hulp van Port Nolloth se eie country-ster Magda De Waal, sowel as boeremusiek legende Cyril Swart.

Ten spyte van dié broer en suster se serebrale gestremdheid, speel Corrie vandag uitstekend kitaar en het hy en Melissa voortgegaan om hul passie uit te leef, maar ’n sangloopbaan gebeur nie oornag nie.

Na 8 jaar in wording, kry MC2 uiteindelik hul eerste amptelike optrede voor die publiek op die hoofverhoog van iStart2Sing se musiekfees vir diversiteit. Die geleentheid was aangebied deur Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in SA (NCPPDSA) op 31 Mei 2015 by Constitution Hill in Braamfontein, Johannesburg. Dit het vir Melissa en Corrie ’n artikel op bladsy 3 van die volgende dag se The Star koerant losgeslaan.

Daardie selfde jaar het MC2 ook in Die Plattelander koerant verskyn, nadat die NCPPDSA hulle betrek het by nog een van hul inisiatiewe: om vir Jannie du Toit te open tydens sy Kerskonsert in Springbok op 19 Desember, vir die ontwikkelingswerk vir mense met gestremdhede in Namakwaland. Jannie het vir MC2 ontmoet terwyl hy ook by iStart2Sing opgetree het, aangesien hy dikwels by liefdadigheid betrokke is.

Onder leiding van Pendle Pro het Melissa en Corrie se debuutalbum, eenvoudig net getiteld MC2, in 2017 die lig gesien. Die liedjies daarop laat mens nostalgies voel, maar het ’n vars nuwe klank danksy die talent van hul musiekverwaardiger, Quinten Pendle. Hy wat self blind is, sê niks moet hulle terughou om 100% voluit met hul musiek te gaan nie. Hy glo daar is ’n plek in die mark vir MC2 en praat net met lof oor hul skryfvermoë.

Luister hier na hul weergawe van Sonvanger:

Laastens is dit Melissa en Corrie se doel om ander te inspireer deur hul prestasies.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.