Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Dis tyd vir ’n ‘Kalahari-skoffel’
Nuus

Dis tyd vir ’n ‘Kalahari-skoffel’

Redaksiespan26 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ’n kitaarkêrel wat nie net ’n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou.

Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.

De Bruyn was al die jare ’n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”

Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ’n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot Ghoema’s en spog ook met ’n paar goue plate!

Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met 17 snitte wat jou gaan laat skoffel tot die son opkom. Boere- en kitaarmusiek gaan hand-aan-hand, maar hulle verbaas op hierdie album met nie net boeremusiekstyl nie, maar ook ’n paar verrassings soos die outydse Setees, maar slaan selfs ’n tango los uit hul snare, wat beslis ’n hoogtepunt op die album is.

Behalwe vir die meerderheid oorspronklike liedjies uit Hennie se pen, verras hy ook met so ’n paar bekendes soos Ver in die ou Kalahari wat heimwee sal bring wanneer jy in jou geliefde se arms gaan dans. Vir die waaghalsiges wat die romantiek van ’n tango verstaan, mag julle dalk verlore word in die Nuwejaars Tango wat gespeel word presies soos oorlede oom Jan Brits hom gedoen het.

Die produksie is behartig deur die bekende Ernie Bates wat boeredansmusiek verstaan en sy spanmaats wat met elke album net beter en beter word.

De Bruyn se vrou, Dottie het die voorreg om die titels van die liedjies te kies en met hierdie konsepalbum so uit die hart van die Kalahari, was sy “spot on” met haar titels soos Rooisand, Deur die Duine, Kalahari Klong Kwêla, ens.

Hennie de Bruyn en sy kitaarkêrels gaan seker maak dat jou gaste by jou volgende funksie meer op die dansbaan gaan wees as by hul tafels. Boeremusiek is immers in ons bloed.

Wanneer die kitaar se snare begin bewe, kan jy nie help om tyd te hou met jou been of jou geliefde te gryp vir ’n vastrap nie – veral nie as Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels die kitare slaan nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.