Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Vernon Barnard deel sy siel in debuut-album
Nuus

Vernon Barnard deel sy siel in debuut-album

Redaksiespan22 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan. Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.

Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It That Way en drie unieke verwerkings van bestaande gunstelinge, waaronder Ed Sheeran se Thinking out Loud en die oudisieliedjie waaraan hy sy loopbaan te danke het, Story Of My Life.

Die video van sy eerste oudisie is nie net deur meer as 14-miljoen mense op YouTube gesien nie, maar het ook die aandag getrek van internasionale sterre soos Ashton Kutcher. “Die titel van die album is ook die titelsnit. Daar is natuurlik ’n suggestiewe konnotasie hieraan, maar ek glo ook dat ons onsself in iemand anders se situasie moet probeer plaas om ander mense se perspektief te verstaan. Meegevoel is een van die grootste gawes wat ons as mens kan hê en een van die min dinge wat ons kan verenig,” verduidelik hy.

As jy hom vra watter liedjies op die album sy gunsteling is, sê hy: “Dis moeilik om te kies, want daar is so baie lekker liedjies. Ek wil hê dat hierdie album aanhangers, van begin tot einde, op ’n avontuur moet neem en beskou elke snit as ’n aanwysing op ’n padkaart wat elke luisteraar by hulle bestemming sal bring. My gunstelinge is Jy is en Soekhart. Albei gaan oor ’n diep soeke na daardie spesifieke persoon wat jou beter sal voltooi as enigiemand anders. Steunpilaar, die laaste snit wat opgeneem is, behoort ook goed te vaar op die radio.”

Alles Om My, die volgende enkelsnit vanaf die album wat binnekort uitgereik word, is deur Roux Cloete en William Loots geskep en het ’n lekker popwysie en betekenisvolle lirieke wat jou van die eerste noot af sal beïndruk, omdat die klank en aanslag modern en vars is. Al drie van dié vyf-en-twintigjarige sanger se vorige enkelsnitte is baie goed ontvang. I Like It That Way, wat in 2016 uitgereik is, is in 2017 aangewys as Liedjie van die Jaar  by OFM se Musiektoekennings, het verskeie weke bo-aan treffersparades gekuier en ook die nommer een posisie op Jacaranda FM se Top 20 beklee.

Sy eerste Afrikaanse vrystelling, Daai Liedjie, word steeds gereeld oor die radio gehoor en is genomineer as Liedjie van die Jaar en Musiekvideo van die Jaar tydens Bok Radio se Bokkie-toekennings. Vernon is ook genomineer as Sanger van die Jaar. Voel, sy laaste vrystelling, is ook baie goed ontvang en het verskeie weke op die top 10 van verskeie radiotreffersparades gekuier en was ook deel van die kykNET Top 20.

Die ster het in 2016 Die Volkslied gesing tydens die openingseremonie van die toets tussen Suid-Afrika en Ierland by Ellispark en beskou dit as een van die hoogtepunte van sy loopbaan.

Die sanger was nog altyd lief vir musiek, maar het eers op die ouderdom van negentien sy talent begin ontgin. “Ek het per toeval aan ’n talentkompetisie deelgeneem by my skool, omdat mense my aangemoedig het om sang as ’n loopbaan te oorweeg. Ek het toe besef dat dit is wat ek graag vir die res van my lewe wil doen. Ek is nou al so vier jaar professioneel doenig met musiek. My deelname aan The Voice SA het vir my ongelooflike blootstelling gegee en ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat, as gevolg daarvan, na my kant toe kom,” sê hy.

Elvis Blue, Bobby van Jaarsveld, Brendan Peyper, Leah en Riana Nel is almal kunstenaars vir wie hy groot bewondering het en saam met wie hy dalk nog eendag sal wil werk en hy glo ook dat Ed Sheeran ’n groot invloed het op sy eie musiekstyl. “Alhoewel ek ’n trotse Afrikaanse man is, is my musiekstyl en vertolking van musiek beïnvloed deur verskeie internasionale genres. Soul, R&B en Country is van my grootste invloede en ek dink dit gee my Afrikaanse musiek ’n interessante klank omdat ek hierdie elemente inbring,” sê hy.

Dié sangsensasie se hoofdoelwitte in die lewe is om musiek te maak en om mense te motiveer. “Ek is oop vir en sien uit na elke liewe geleentheid wat my Godgegewe talente mag bring. Jy moenie beperkings sit op wat jy wil bereik nie, want dan word dit jou waarheid. Ek wil nie net groot droom nie, maar wil ook groot glo en weet dat niks onmoontlik is as jy bereid is om hard daarvoor te werk nie.”

Vernon Barnard se nuwe CD is ’n versameling van ritmiese geniet- en hartsmusiek, wat sag is op die oor, en jou sal laat nadink oor die lewe. Sy unieke aanslag en strelende stem is soos ’n vars briesie in ’n genre wat maklik gewoon kan wees. Daar wag voorwaar ’n blink toekoms op hierdie doelgerigte kunstenaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.