Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ruby Rouge plaas talent in perspektief met eerste snit
Nuus

Ruby Rouge plaas talent in perspektief met eerste snit

Redaksiespan20 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTOKREDIET: Fathom Media

Ruby Rouge is een van daardie kunstenaars wat jou beïndruk wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n hartroerende opregtheid en meesleurende melodie in haar stem wat jou aangryp en by jou bly lank nadat sy klaar gesing het.

Dit is dan ook hierdie eienskappe wat die eerste enkelsnitvrystelling vanaf haar debuut-album so onvergeetlik maak.

Gaining Perspective is ’n ineteressante popmusiek- en klavierverwerking wat selfs die kritieste oor sal beïndruk. Hierdie ballade, uit haar eie pen, gaan oor selfaanvaarding en is ’n tema waarby almal sal aanklank vind. “Die liedjie gaan daaroor om jouself te aanvaar ten spyte van wat ander mense se opinies is,” verklap die talentvolle musikant en liedjieskrywer oor haar eerste vrystelling.

“Ek het altyd baie ongemaklik gevoel in my eie vel tot op die dag wat ek genoeg gehad het en ’n liedjie geskryf het daaroor om net jouself te wees en sterk te staan wanneer diegene rondom jou nie wil hê dat jy gelukkig en getrou aan jouself moet wees nie. Gaining Perspective lê my na aan die hart en het my gehelp om myself te aanvaar vir wie ek is en wil wees. Wanneer ’n mens so ’n sterk verbintenis met ’n liedjie het, kan jy nie anders as om dit te sing nie!”

Die sanger is tans besig om haar album te finaliseer en lys dit as een van die hoogtepunte van haar loopbaan sover. “Ek hoop om vir gehore iets te gee waarmee hulle sal kan vereenselwig, waarop hulle kan dans en kan herinneringe maak. Ek wil hê hulle moet ervaar wat ek doen wanneer ek na die musiek luister waarvoor ek lief is,” deel sy. ’n Musiekvideo word ook vir die enkelsnit beplan en sy geniet dit vreeslik baie om deel te wees van die proses.

Ruby Rouge beskryf haarself as ’n ‘Jozi-meisie’ en vertel dat sy al sing vir solank as wat sy kan onthou. “My ma het ’n vriend gehad wat ’n opnameateljee besit het en ek was mal daaroor om daar binne te sit en kyk en luister wat hulle doen,” sê die sanger.

Sy tree nou al vir vyf jaar professioneel op en het baie oor die bedryf en die uitdagings geleer gedurende hierdie tyd. Wanneer sy nie sing nie, werk sy as grimeerkunstenaar, fotograaf en sosialmediainhoudsanaliseerder om haar inkomste aan te vul en uiting te gee aan haar kreatiwiteit.

Die kunstenaar hou van ’n wye verskeidenheid musiek en is opgewonde oor die moontlikheid om saam met ander suksesvolle kunstenaars te werk. Sy sê: “Ek bewonder so baie sangers vir so baie verskillende redes en om saam met enigeen van hulle te kan werk in die toekoms, sal vir my wonderlik wees. My grootste musiekinvloed is beslis my ma, want sy het my altyd aangemoedig om verskillende musiek- en sangstyle te probeer.”

As jy haar vra waar sy die inspirasie vir haar lirieke vandaan kry, antwoord sy dat dit soms van persoonlike ervarings kom, maar dat enigiets haar verbeelding kan prikkel – van ’n doodgewone dag tot ’n gruwelprent of warm bad. Alhoewel sy aan epilepsie en bipolêre gemoedsteurnis ly, het sy nog nooit toegelaat dat dit in die pad staan van haar doelwitte nie.

Daar is nog baie ander drome en planne wat sy graag wil verwesenlik, wat nog liedjies en albums insluit, maar vir nou fokus sy eers op die geleenthede voor haar.

Gaining Perspective het ’n opbouende deuntjie wat verweef is met ander sterk musiekelemente en ’n indrukwekkende stem wat nie net vir Ruby Rouge ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers gaan losslaan nie, maar ook op die treffersparades van die land se grootste radiostasies.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.