Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Nuwe 2ndLife enkelsnit is so kleurvol soos ons land
Nuus

Nuwe 2ndLife enkelsnit is so kleurvol soos ons land

Redaksiespan27 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

2ndLife is terug met ’n nuwe enkelsnit wat spesiaal geskryf is vir ons land en sy mense.

Reënboog is geskryf deur die man- en vrou-duo, Boon en Liezel, en is ’n emosionele liedjie wat inpas in die tyd waarin ons almal ons bevind. Dit is die smagting van elke Suid-Afrikaner. Ons word daagliks vasgebind in die tragedie en seer van die mense in ons land. Sosialemedia en die nuus van die dag basuin dit uit.

Die liedjie is nie polities nie en dit maak nie seer nie. Dit spreek van hoop, ’n droom vir jou, Suid-Afrika!

Luister die snit hier:

Die hoofsanger, Boon sê: “Reënboog gaan oor die roeping vir ons as Suid Afrikaners om saam te staan en ’n land van hoop te skep. Wanneer ons vriende die land verlaat vir ’n beter toekoms hou ons vas aan dit waarvoor ons voorgeslagte geveg het. Ons is verlief op ons land en wil net hier bly. Die pyn en lyding van ons mense raak ons diep en ons kan nie langer stilstaan en net toekyk nie. Ons moet Op kyk, vir verlossing.  Die land het soveel potensiaal en Goddelike skoonheid.”

2ndLife se musiek is uniek omdat van die nuutste elektroniese klanke gemeng word met woorde uit die hart en eeu oue snaar instrumente soos banjo, mandolien, kitare, klaviere en viole. Die musiek is diep emosionele woorde wat luisteraars se lewensvrae beantwoord. Die luisteraar put inspirasie vanuit die hart tot in die siel en dit is soos ’n stukkie klei wat gevorm word volgens God se hand en reguit tot die hart spreek.

“Ons hoop om die pad van hoop en liefde vir ons medemens te skep. Mag nostalgie ons hoop versterk!” – Boon

2ndLife se eerste Afrikaanse enkelsnit, Lewe, is gedurende 2017 uitgereik en baie goed ontvang. Die liedjie kan gereeld op radiostasies landswyd gehoor word en beklee steeds ’n plek op die trefferparades van sommige radiostasies.

Hulle doelwit is om mense te inspireer met hulle musiek en boodskap. Die alternatiewe benadering en sielvolle vertolking van die liedjies op hulle nuwe album en Boon se unieke stem, is die perfekte bestanddele vir ’n eindproduk wat nie net ’n omwenteling gaan veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir hulle ’n permanente plek besorg op elke musiekliefhebber se speellysie.

Die snit is ook beskikbaar in die iTunes-winkel en Apple Music.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.