Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»‘Die Spookhuis’ kry lewe in nuwe Jakkie Louw-video
Nuus

‘Die Spookhuis’ kry lewe in nuwe Jakkie Louw-video

Redaksiespan20 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vir Pretorianers staan die Erasmuskasteel as ‘die Spookhuis’ bekend en mense assosieer dié huis met mites en gruverhale.

In Die Bronberger se Julie 2006-uitgawe is vertel dat daar stories loop oor ’n vrou in ’n Victoriaanse rok wat sit en naaldwerk doen by die venster in die hoofslaapkamer, oor melaatse dogtertjies wat in die toring toegesluit is, oor die onderwyser wat rondloop met sy reënjas aan en oor ’n vrou met gloeiende lang naels wat uit die toring vir vryers loer.

Van die gewildste spookstories wat oor die Erasmuskasteel versprei word, is die ervarings van die familie wat die huis in die 1980’s van Krygkor gehuur het voordat Krygkor met die restourasiewerk begin het.

Een van dié verhale is dat hulle vyfjarige dogtertjie in haar kamer ’n meisie in ’n lang wit rok gesien het wat vir haar gevra het of sy lekker daar bly, omdat dié kamer jare gelede aan haar behoort het. Volgens die Erasmus-familie het dié kinderkamer egter nooit aan een van die dogters behoort nie. Dit was die vertrek waar die seuns geslaap het.

Die familie bevestig egter dat daar melaatse kinders in die kasteel was. Carel Jacobus Erasmus het melaatsheid by ’n transportryer aangesteek en het op sy beurt sy twee susters, Maud en Lena, aangesteek. Carel is in 1917 oorlede en sy twee susters is aanvanklik in die Leprosengesticht, genaamd Westfort, in Pretoria opgeneem, maar is daarna toegelaat om in afsondering op die plaas te bly.

Hulle het in die twee ou huisies gebly wat ’n entjie weg van die Erasmuskasteel gestaan het. Nadat die een suster oorlede is, is die ander een terug Westfort toe waar sy kort daarna oorlede is. Dit is nie duidelik wanneer Maud oorlede is nie, maar Lena is in 1928 oorlede.

Die familie is deur die jare geteister deur nuuskieriges en Jochum Rasmus Erasmus, een van die laaste Erasmusse wat in die kasteel gebly het, het kennisgewings laat oprig en die huis laat omhein, maar dit het nie gewerk om indringers uit te hou nie.

Hy vertel dat hy gereeld saans as hy in sy bed gelê het kon hoor hoe mense aangery kom, uitklim en om die huis stap.

Die spookhuis het nou lewe gekry in Jakkie Louw se nuwe enkelsnit, Die Spookhuis in Pretoria-Oos.

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.