Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Gerhard Steyn se ‘mooiste duette’ op een album
Nuus

Gerhard Steyn se ‘mooiste duette’ op een album

Redaksiespan16 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

18 jaar gelede het ’n blonde jongman sy debuut gemaak in die musiekbedryf aan die sy van Lianne Heyl, beter bekend as Boeboe. Daarna snoer hy kragte saam met Naas de Jager en hulle begin die duetgroep, Windpomp.

Vandag, 18 jaar later reik hy ’n duet-album uit, maar die keer is dit saam met die room van die Afrikaanse musiekbedryf.

Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en sy warm persoonlikheid maak van hom ’n superster.

Gerhard het tans 11 albums op sy kerfstok en daar in nog steeds geen keer aan hom. Van sy debuutalbum, Teen die Berg wat hy 2004 uitgereik het, het talle ander gevolg en is met groot sukes aanvaar.

In 2008 reik hy ’n album uit, Breekbaar, maar min het hy geweet die liedjie Baby Tjoklits gaan van hom ’n superster maak en dat hy vandag bekendstaan as die platinumprins van die bedryf. ‘Tjoklits’ is onweerstaanbaar en so het sy musiek ook geword.

Gerhard toer nie net die land plat nie, maar stap ook waar hy kom met toekennings weg.

Benewens sing, is hy ook ’n kranige besigheidsman en spog deesdae met sy eie eksklusiewe kuierplek, Live@Wildebeest – wat as die grootste en lekkerste kuierplek in die Oosrand bekendstaan!

Hulle sê die enigste ding beter as sjokolade is vriende. En hier reik ‘Mnr Tjoklits’ ’n duetalbum uit met van sy vriende. “Best of both” soos die engelsman sou sê!

Mooiste Duette is sy nuutste album wat hy met smaak aanbied en is onweerstaanbaar lekker. Behalwe dat hy saam met van die land se bekenstes sing, is dit ’n lekker-luister album wat jy kan hoor daar is moeite gedoen met die produksie, kwaliteit verwerkings en wat reg is vir die dansbaan of die langpad.

Die album is goed verpak met 17 snitte van ou bekendes, die mooiste ballades en ook ’n paar nuwes wat die hartsnare roer.

Ballade vir ’n Enkeling met Richard van der Westhuizen neem jou ver terug, en Rooi Roos met die beeldskone Nádine laat jou skuldig voel en wonder wanneer jy laas iemand met rose verras het. Ons 2 sy jongste duet saam met niemand anders as Nádine is hoendervleis mooi en beklemtoon opnuut twee stemme wat mekaar perfek komplimenteer. Dan is daar ’n treffer met Wynand Strydom – twee diep stemme wat My Lief laat smelt van romanse. Sy duette saam met Helene Bester en Anaïs sorg vir variasie en maak die album baie interressant . Behalwe vir die ballades en die mooiste liefdesliedjies met sinvolle lirieke, sluit hy die album af met ’n Lekker Legendes Keurspel saam die country-prinse; Die Campbells.

Om ’n duet met iemand te sing is om die plesier en verantwoordelikheid te deel met iemand om ’n gehoor te vermaak, maar met dubbele inpak. Hy het dit beslis reggekry.

Gerhard glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Hy’t hard gewerk om te kom waar hy vandag is en het juwele tot die skatkis van die Afrikaanse musiekbedryf gevoeg uit sy pen. Hy’s ’n man wie se hart op die regte plekke is: by sy familie, sy besigheid, sy liefde vir musiek en sy Skepper.

Jy hoef niemand meer te oortuig dat waar Gerhard Steyn is, dinge daar lekker gaan nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.