Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Robbie Wessels spog met goue status vir ‘Woestyn’
Nuus

Robbie Wessels spog met goue status vir ‘Woestyn’

Redaksiespan12 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Daar is nou maar eenmaal niemand anders soos Robbie Wessels nie. Hierdie veelsydige musikant, liedjieskrywer, akteur, grapjas en rolprentvervaardiger het oor die afgelope sestien jaar sommer diep in Suid-Afrikaners se harte kom inkruip.

Woestyn, wat in Junie 2017 uitgereik is, is net nog ’n bewys van die goeie werk waarmee hy nog al die jare besig is. Die album, wat Robbie se unieke akoestiese wenresep volg, het pas goue verkoopstatus bereik en is net nog een van sy vele vrystellings wat die 15 000 + verkoopsmerk verbysteek.

“Dis vir my ’n groot voorreg dat die album goud gegaan het. Ek is baie dankbaar vir die Here vir my talent en vir Inhoud Huis Musiek deur wie ek dit vrygestel het. Ek voel baie geseënd en hoop daar is nog heelwat albums in die toekoms,” sê die sanger oor hierdie prestasie.

In die rukkie wat dit al op die rak beskikbaar is, het Woestyn reeds verskeie radiotreffers opgelewer, waaronder die prettige Mphe Di Hoenor wat partytjiegaste letterlik na die dansvloer laat stroom. Wat die album verder uniek maak, is die verskeidenheid wat jy in die vyftien snitte aantref, want daar is regtig iets vir almal. Dit wissel tussen geesvangmusiek en humor, soos Die Cheetah Song, tot dieper ballades wat sy digterssiel ontbloot soos Woestyn en Is Dit Jy?, wat jou asem sal wegslaan.

Robbie het in 2002 sy debuut gemaak in die vermaakbedryf as Poena in die gewilde televisiereeks, Gauteng-alêng-alêng, waarna verskeie ander televisie- en fliekrolle gevolg het soos Poena is Koning, Jakhalsdans, ’n Saak van Geloof, As jy Sing, 100 Meter Leeuloop en Binnelanders. Hy was ook te sien in die Deon Opperman-verhoogproduksie, Jesus Die Musiekblyspel in 2013.

Sy eerste album, My Vissermanvriend se Pa, wat in 2005 uitgereik is het vir hom ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekmark gevestig, het meer as 120 000 eksemplare verkoop en aan hom ’n Huisgenoot Tempo-toekenning besorg vir Beste Nuweling.

Sedertdien het nog vyf suksesvolle albums, Hally se Komeet (2006), Afrika Sonsak (2009), Kaalvoet (2011), Als wat ek het (2014) en Woestyn (2017) gevolg waaruit verskeie nommer-een-treffers voortgespruit het, soos Hou vas jou matras, Waar lê jy vanaand?, Verbode Vrugte, Asseblief my Lief en natuurlik die immergewilde Leeuloop. Laasgenoemde is ook deur Vodacom gebruik vir een van hulle bemarkingsveldtogte.

Die ster het in die Vrystaat grootgeword en in Pretoria sy diploma in Drama verwerf aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie. Hy beskryf homself as iemand wat lief is vir sy land, familie en ’n glasie rooiwyn so nou en dan. Al sy liedjies kom uit sy eie pen en hy put inspirasie daarvoor uit sy persoonlike ervaringe.

“Afrikaanse musiek is een van my passies en ek hoop dat ek ’n bydra kan maak met my werk. Dis ’n plesier om vir my land en sy mense op te tree,” sê hy.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.