Jack Parow kan nie trotser wees om sy musiekvideo vir My Koningkryk vry te stel nie. Dit is sy tweede enkelsnit en video van sy nuutste album, Afrika 4 Beginners, wat einde 2017 uitgereik is. Parow slaan later hierdie maand die pad om sy album te bemark en inligting daaroor kan onderaan gevind word.
My Koningkryk is Jack Parow se ode aan Suid-Afrika en hierdie liedjie vat Afrika 4 Beginners se gees mooi vas. “Oh no, what’s a bunny chow, buddy no no bunny, half loaf curry bro don’t worry, you wanna feel better? medicine man make your d*ck grow bigger klomp goeie tye, dalk klein bietjie crime maar ons rol dik rustig op African time.”
Jack Parow laat graag sy musiekvideo’s inkleur deur ons land se asemrowende landskappe soos met sy twee ander musiekvideo’s wat op die pad verfilm is, Dis hoe ons rol en P.A.R.T.Y.
My Koningkryk is verfilm tydens ’n verkenningstog langs die Weskus. Hierdie musiekvideo vertoon weer eens Parow se diep liefde vir ons lekker land en sy mooiste mense.
Kyk die musiekvideo hier:
Afrika 4 Beginners is te kry op alle digitale platforms en in enige goeie musiekwinkels regoor die land.
