Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Frikkie van Biljon nooi jou na sy ‘wêreld’
Nuus

Frikkie van Biljon nooi jou na sy ‘wêreld’

Redaksiespan10 Februarie 2018
Foto: Francois Olivier
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Jou Wêreld is die nuutste vrystelling deur Frikkie van Biljon, ’n talentvolle nuweling in die musiekwêreld wat in 2017 sy debuut gemaak het.

Luister hier na ’n lusmaker:

Dit is die derde enkelsnit wat hy vrystel ná die sukses van Altyd by My en Elke Tree. Frikkie werk tans aan ’n reeks enkelsnitte wat deur die loop van 2018 vrygestel gaan word. Verskeie van dié titels het hy self gepen. Paul Venter en Albert Short is van die mede-skrywers wat ’n bydrae tot die lirieke lewer en toonsettings deur Steffie le Roux gaan ook te hore wees.

Frikkie begin sing op die vroeë ouderdom van vyfjaar. Hy het ’n eretoekenning van die ATKV ontvang vir die bevordering van Afrikaans deur sang. Op universiteitsvlak was hy gekeur vir die Alabama en neem vir sesjaar deel aan die enkelsêr en binglesêr kompetisies op die PUK-kampus. Hy skryf ook eiekomposiesies vir verskeie koshuise waarvan ses van sy musiekstukke die top 5 behaal het op verskeie geleenthede.

Verder neem hy deel aan koshuistoneel en wend sy talente aan om te help met die beplan, skryf en afrigting van verskeie eerstejaarskonserte. Hy rig ook 3 sanggroepe af. In 2017 het hy die rol van Martin Luther vertolk in die dramatiese reformasie uitvoering, Uit Diep van Donker Nagte, met Ina Opperman as regisseuse.

Na ’n lang breek van die kunstewêreld besluit hy om weer sy droom na te streef en begin in 2017 weer met sangopleiding. In Julie 2017 het hy sy eerste enkelsnit uitgereik Altyd by my wat hy geskryf het in samewerking met Albert Short. Die lied was op verskeie gemeenskapsradiostasies gespeel regoor Suid-Afrika. Die musiekvideo is ook te sien op kykNET NOU.

Die verrassende nuwe klank van Frikkie se musiek is kenmerkend in Jou Wêreld waarin hy nie net sing nie, maar self ook klavier speel. Die lirieke is geskryf deur Frikkie en Cherish van der Berg en voer mens mee na ’n hartsplek vol emosie. Ander kunstenaars wat ’n bydrae tot die enkelsnit lewer is Ruan Kirsten op dromme en Bruwer Malan op kitaar. Jou Wêreld is vervaardig deur Bruwer Malan en mede-vervaardig deur André Hurter. Die liedjie is deur Independent Artistry Records SA uitgegee en versprei.

Die liedjie kan gehoor word op talle plaaslike radiostasies en is ook digitaal beskikbaar.

Volg vir Frikkie op Facebook, Twitter en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.