Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Martin Bester het geweet, maar het jy?
Nuus

Martin Bester het geweet, maar het jy?

Redaksiespan9 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Martin Bester wil graag hê almal moet weet hoe ernstig hy oor sy sangloopbaan is. Hy is ’n man van vele talente, maar musiek vloei deur sy bloed. Hy is nie net ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester nie, maar ook ’n musikant in murg en been.

Sy nuwe enkelsnit is pas vrygestel en beloof om in die suksesvolle voetspore te volg van sy bestaande treffers, Wat weet ek tog, Ou Spoor en Sterre. Ek het geweet is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing. Die sanger beskryf dit as ’n popliedjie met ’n punk-rock aanslag.

Luister hier na ’n voorskou van die liedjie:

“Ek hou van eerlike mense wat reguit is oor hul gevoelens. Niemand het tyd vir speletjies speel nie en dit is waaroor die liedjie gaan. Dit het ’n opgewekte deuntjie en is iets waarmee almal kan vereenselwig,” sê hy. “Ek wil hê my liedjies moet mense raak en dat hulle dit van toepassing moet maak op hulle eie lewens. Ek love dit as my musiek met iemand ‘praat’ op die dansvloer, op ’n road trip in die kar of selfs net alleen by die huis.”

Oor die musiekvideo wat binnekort verfilm word kan hy nog nie veel verklap nie, maar sê wel dat hy dit graag op die dak van ’n gebou sal wil skiet, met die son wat in die agtergrond sak.

Musiek was nog altyd deel van Martin se lewe, van die skoolkoor tot sy eerste musiekgroep op Universiteit en die wat daarna gevolg het. Hy is een van die bekendste radiopersoonlikhede in die land en spog met toekennings vir Beste Middagprogram-omproeper, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Radioomroeper van die Jaar. Die kunstenaar was al aanbieder van verskeie televisieprogramme en het ook klein rolle gehad in Afrikaanse rolprente soos Pretville, Vrou Soek Boer en Sonskyn Beperk.

Kinky Robot, die groep waarvan hy die hoofsanger is, is benoem vir ’n SAMA en sy debuut solo-album, Vir Die Eerste Keer, is van die begin af goed ontvang. Die lirieke van Hobie Beach, Kinky Robot se eerste enkelsnit, is ook onlangs ingesluit in ’n Engelse handboek vir graadelfs. Sy werk neem hom gereeld na groot verhoë, funksies en feeste regoor die wêreld soos die KKNK, Innibos en Hammersmith Apollo in Londen. Hy was ook al deel van verskeie groot geleenthede, wat die Inhuldigingseremonie van die 1995-Springbokke en Mandela in die SA Sportheldesaal, die London goes SA-konsertreeks, 2010 Sokkerwêreldbekergeleenthede, die Ghoema-, Pendoring- en SAMA-toekennings en die Titans Krieketunie se liefdadigheidsbal, insluit.

As jy hom vra waar hy die inspirasie vir sy liedjies vandaan kry, sê hy: “Dit kom van alledaagse dinge, soos wat ek dit sien, hoor en beleef. Partykeer tref ’n idee my as ek na die wolke kyk of hoe die wind op ’n stofpad waai. Die afgelope paar maande het ek baie geskryf soos wat goed gebeur het.”

As musikant, het hy groot waardering vir ’n wye verskeidenheid musiek, wat wissel van Queen tot Theuns Jordaan en U2 tot Francois van Coke. Die musiekbedryf het vir Martin Bester geleer dat dit belangrik is om net jouself te wees, al vat dit mense langer om jou te verstaan, maar gelukkig het hy dit reggekry om sommer uit die staanspoor die harte en ore van die publiek te verower.

Ek het geweet is ’n lekkerluistertreffer wat beslis gaan koning kraai op die dansbaan en radiotreffersparades, waarsonder geen partytjiespeellys volledig sal wees nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.