Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Adam Tas sluit by Universal Musiek aan
Nuus

Adam Tas sluit by Universal Musiek aan

Redaksiespan4 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

As daar nou een sanger is wat geen bekendstelling in die musiekbedryf nodig het nie, dan is dit Adam Tas. Die besonderse manier waarop hy sy sielvolle sentimentele lirieke en pragtige rasperstem saamweef, is hoendervleismooi en het die afgelope paar jaar van hom volksbesit gemaak. Dit is daarom geen verrassing dat hy onlangs deur Universal Music genader is om deel te word van hulle wenspan nie.

Hy sluit aan by ’n lang lys bekende en suksesvolle kunstenaars, waaronder Willem Botha, Caroline Grace, Fatman, Early B en vele meer, wat ook deel is van hierdie internasionale musiekmaatskappy. “Dit is lekker om in ’n verhouding betrokke te raak by ’n maatskappy waarby beide die kunstenaar en die besigheid gelyke voordeel kan trek uit ’n produk. Na vele oorweging om self ’n album te vervaardig of nie, was die aanlokliheid van ’n gelyke voordeelaanbod vir my die beste uitweg,” sê die musikant oor dié geleentheid wat hom te beurt geval het.

Alhoewel sing nie deel was van sy oorspronklike toekomsplanne nie, het ’n groot fietsongeluk sy paaie met sy regte lewenspassie laat kruis. Van daar af het hy aan sy loopbaan begin bou en het selfs vir hom ’n plek losgesing in die Guinness Book of Records toe hy op 41 verskillende plekke opgetree het binne 24-uur. Sy diep stem, unieke klank en warm verhoogpersoonlikheid het dadelik aanklank gevind by gehore van alle ouderdomme en sy musiek is goed ontvang deur radiostasies regoor die land.

Agt suksesvolle albums (Memories In ’n Menthol, Springbok Radio, Ben Bicycle, Storm van Liefde, Man van Stof, Want jy is Boer, ’n Tas vol Cash en Patatas en Pyptabak wat gouestatus bereik het) en verskeie radiotreffers later, waaronder Gaan Sê Vir die Angles, ’n Man Soos My Pa, Draadloos Dae en vele meer, het hy een van die gewildste sangers in die land geword en al die verhoog gedeel met van die beste plaaslike talent. Adam het ook al opgetree by van die grootste konserte en feeste in die land, waaronder Huisgenoot Skouspel.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, is hy besig om sy vlerke te sprei as televisiepersoonlikheid en was hy al aanbieder van twee groot kykNET-programme, Woema en Wild en Wragtig. Hy is ook een van die hoofkarakters in die fliek Spook van Uniondale saam met André Swartz, Ivan Zimmermann en Tobie Cronjé en sy enkelsnit, So Verlief, was deel van die fliek, Vrou Soek Boer, se klankbaan. As gekwalifiseerde wildbewaarder, stel Adam baie belang in wildteling en geniet hy die natuur en boogjag.

As jy hom vra wat sy planne vir die jaar is, verklap hy: “My planne vir 2018 is om ’n nuwe album te skryf en vry te stel. Dit is immers nou al ’n paar jaar laas wat dit gebeur het. Ons bring ’n groot plaat, onbeskaamd vir die boere en in Afrikaans, klaar gepraat.”

Universal is baie opgewonde oor die vooruitsig om saam met Adam Tas te werk en beplan groot dinge vir hom in die toekoms. “Afrikaanse musiek lê ons na aan die hart en dit is altyd opwindend om ’n pad te stap saam met ’n besonders talentvolle kunstenaar, wat so baie het om te bied,” sê Christien de Klerk, die maatskappy se Skakelbestuurder vir Afrikaanse Kunstenaars.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.