Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Juan Boucher se nuwe album is hier
Nuus

Juan Boucher se nuwe album is hier

Redaksiespan13 Desember 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die bekroonde sanger Juan Boucher spog met sy sesde album, Onthou jy om jonk.

Die album het 11 liedjies, meestal deur Boucher geskep. Soos altyd toon dié album groei en ontwikkeling. Hy het daarin geslaag om ’n eiesoortige skryfstyl te ontwikkel. Uit sy pen klink Afrikaans vars en cool.

“Ek het drie weke by die see en in die bosveld rondgeloop om al my woorde te ontvang uit die stilte onder die wolke, by die bos en see. Alles wat ek wou skryf, het presies uitgekom soos heuning deur my pen en elke liewe woord wat in stories verander het, is presies wat ek wou vertel. Liedjies soos hierdie is liedjies wat jou in ’n ander rigting stuur. Dit laat jou glimlag en dalk help dit jou ook om iets wat jy vir iemand anders wil sê, te verwoord. Dié album verteenwoordig vryheid van die siel,” vertel hy.

Hy delf filosofies in drome, die liefde, die goeie en die kwade – die lewe: soos dit met hom en ander mense om hom gebeur. Die musiekregisseurs, Byron Keno, wat nou in Australië gevestig is, en Tertius Human, het die verwerkings saam met Boucher behartig. Onder die hoogtepunte op die album tel ’n verwerking van “Ons is mekaar sinne”, modern gepoets deur Danny Smoke en Johan Vorster.

“Om ’n gunsteling te kies, is ongelooflik moeilik, want elke liedjie op dié album is spesiaal. Ek skryf nooit ’n liedjie om ’n album te vul nie, elkeen het ’n doel en is ’n skakel in die voltooide ketting. Maar die titelsnit troon tog uit, die woorde het natuurlik gevloei. Ek moet erken, ek het lank gebid om dié song te kon skep. Vir my is musiek die gereedskap om ons Afrikaanse kultuur te beskryf.”

Dit hoor jy veral op die snitte “Mense van my asem”, “Wat beteken dit”, “Gebou om te hou”, “Net saam jou” en “Vol alkohol”. Tussen die ander werk is die snit “In wens” (deur Jan Blohm) en die duet “Huisie in die bos” (saam met Jan Rhaap). Boucher doen ’n eiesoortige weergawe van Bruce Springsteen se “Tougher than the rest” en hy laat Ballyhoo se destydse reuse-treffer “Man on the moon” opnuut blink.

Geniet ’n versameling van goeie musiek, met mooi melodieë, lirieke oor mense en polsende ritmes wat jou aanvuur om voluit te lewe.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.