Juanita en kroos sing saam op één CD

Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, en haar kroos Franja en Ruan het dit goed gedink om saam ’n album uit te reik.

Dié album – wat ook hul eerste liedjie saam Kaalvoetkind – bevat, is getiteld Kaalvoetkinners. Die album is ook gelaai met van hul grootste liedjies nog en so ’n paar splinternuwe liedjies.

“Ons al drie het liedjies op die album geskryf,” vertel Juanita in ’n video op haar Facebook-blad.

Een van dié liedjies is hul nuwe enkelsnit, Meer As Net ’n Melodie

Klik hier om die album vooraf op iTunes te bestel.

Die musiekvideo van hul eerste enkelsnit is pas ook vrygestel op YouTube.

Kyk die video hier: