Die Heuwels Fantasties reik Laaste Rondtes uit!

Die Heuwels Fantasties se album OKAY! lewer die een treffer na die ander op.  LED Liefde, Gebruik my, Koeëlbaai ft. JR, en Bietjie Hoop is reeds vir ’n geruime tyd besig om die klankgolwe van radiostasies landwyd aan die brand te speel.  Nou, gedurende die laaste week van November, reik die groep hulle volgende enkelsnit, Laaste Rondtes, uit.

Dié lied, geskryf deur Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Fred den Hartog was ook ’n groot treffer toe hulle vroeër vanjaar ’n draai op die stel van die baie gewilde kykNET-sepie, Binnelanders, gemaak het en dit in Nagskof gesing het.

Kyk die musiekvideo hier:

Laaste Rondtes is beskikbaar op Die Heuwels Fantasties se album, OKAY!. Luister die liedjie op JOOX en gebruik die kode “DieHeuwels” om een maand VIP-toegang te kry.