Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’
Nuus

Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’

Redaksiespan18 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vyftien jaar nadat Kurt Darren die Afrikaanse musiekmark gestormloop het, wéét die onbetwisbare koning van Afrikaanse dansmusiek steeds hoe om die planke behoorlik te laat wip.

Sy nuwe album, Laat Die Dansvloer Brand, bestaan uit 14 snitte wat daai fyn balans tussen lekker opskop-sokkie en rustig dans presies regkry.

Snitte soos Warrelwind se kind, Jy’s ’n legend, Fluit fluit, Gravitasie manipulasie en die titelsnit is by uitstek gerat vir ’n behoorlike skoffel, met ’n gesonde mengsel van pop, rock, ’n bietjie van ’n techno-ondertoon en ritmes met tonne skop wat dit duidelik maak dat dié album nie vir uitsitters of draadsitters gemaak is nie.

Rustiger nommers soos Boesem, Alle paaie lei na liefde, Daar vat jy my asem weg en Haal asem dra ’n meer intieme geur, met meevoerende kitaarsolo’s wat per geleentheid bo die ander instrumente uittroon en ’n hart sonder twyfel nog daai ekstra bietjie warmer sal laat klop.

Kurt snoer ook kragte met Snotkop en Leah vir die lekker tong in die kies partytjieliedjie, Selfie song.

’n Treffende duet oor sielsdiepe liefde, Depth of my heart, met Corlea Botha asook sy eie, uitstekende interpretasie van Ed Sheeran se treffer, Perfect.

Laat die dansvloer brand vier die lewe, sy dinge, sy mense en, natuurlik, die liefde. Die album is tonne pret, maar ook diep en sielvol. Dis baie soos ’n goeie wyn: die produk van jare se toewyding tot uitnemendheid – een wat weet hoe om die skerper, meer speelse geure perfek met ’n sagter, meer delikate tekstuur te verenig in iets wat jou sal laat sê: “Dié proe soos nog!”

Kurt Darren se nuwe album is nóú landwyd beskikbaar en ook digitaal op JOOX. Laai dié app gratis in die Google Playstore en App Store af en gebruik die kode Lumico2 om VIP-toegang te kry en klik hier om die album te luister.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.