Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ondersteuners kies Len Muller se nuwe enkelsnit
Nuus

Ondersteuners kies Len Muller se nuwe enkelsnit

Redaksiespan30 Oktober 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ondersteuners van Len Muller het die afgelope week aangedui dat sy liedjie Ons Is Een, vanaf sy tweede studio-album, Oog Van Die Storm, hulle gunsteling is.  Len het geluister en pas dié liedjie as volgende enkelsnit bekendgestel.

Len het tien maande in Amerika spandeer en het gedurende daardie tyd baie na Suid-Afrika verlang.  Daar het hy besef dat hy sy land eintlik baie lief het, en het hy toe al aan die lied begin skryf.

Luister hier na ’n voorskou van die liedjie:

“Ek glo ons is nie gemaak om in te pas of dieselfde te dink of te lyk nie. Dit is juis wat ons uniek en ‘beautiful’ maak.  Daar is soveel diversiteit en verskillende kulture in Suid-Afrika, maar dit hoef ons nie te verdeel nie.  Ek is oortuig dat ons in eenheid kan saamleef binne ons diversiteit.  Ons Is Een is my gebed vir die land en ek wil mense van verskillende agtergronde en kulture uitnooig om mekaar te probeer verstaan en in vrede saam te leef, want Ons is Een!”, sê Len.

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer.

Hy is beslis besig om ’n sterk nalatenskap in die musiekbedryf te skep en Oog Van Die Storm is ’n getuigskrif hiervan. Alle oë en ore is op hom, terwyl hy stelselmatig sy merk as een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre maak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.