Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Heuwels ‘bring hoop’ en wys gesig in sepie
Nuus

Die Heuwels ‘bring hoop’ en wys gesig in sepie

Redaksiespan9 Augustus 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hooffoto: Die Heuwels Fantasties. Fotograaf: Quentin Viljoen

Augustus is ’n groot maand vir die Die Heuwels Fantasties!  Hulle stel twee nuwe enkelsnitte en twee musiekvideos vanaf hulle vyfde album, OKAY! bekend, kuier saam met Rian van Heerden op JacarandaFM, stel die musiekvideo vir die enkelsit, Laaste Rondtes, bekend op Jukebox, gesels met Bravo!, wys gesig in Binnelanders, vermaak op 25 Augustus by Toks & Tjops en bring terselfdertyd Bietjie Hoop in samewerking met GWK.

Die eerste enkelsnit, Bietjie Hoop eksklusief op JacarandaFM vrygestel, wanneer Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties, in die ateljee kuier en meer vertel  oor die skryf en opneem van hierdie spesiale lied in samewerking met die GWK.  

Neil de Klerk, uitvoerende hoof:  Bemarking en Kommunikasie by GWK het Die Heuwels Fantasties genader rondom die skryf van ’n lied wat opgedra sou word aan produsente nadat die oorgrote gedeelte van die land aan die einde van 2016 vasgevang was in die greep van ’n verwoestende droogte, en die volharding en positiwiteit van Suid-Afrikaanse produsente meer uitgestaan het as ooit tevore.

“Dit het wat GWK glo en verkondig weer bevestig – produsente is helde”, sê Neil. “Ons het op Die Heuwels Fantasties besluit omdat hulle self hulle musiek skryf en die produksie daarvan doen. Hulle musiek is ook baie oorspronklik en is nie beperk tot ’n spesifieke genre of ouderdomsgroep nie. Smaak verskil, maar as ons selfs een produsent hiermee raak, is dit die moeite werd”.

Die Heuwels Fantasties het die geleentheid verwelkom om die musiek en die GWK-boodskap te “trou” en Bietjie Hoop is gebore. “Ons is trots op die liedjie en only good can come of it,” sê Pierre.
GWK het gevoel die inspirerende lirieke en boodskap moet ook visueel uitgebeeld word en ’n musiekvideo is gemaak.

1988|Films het die ware gees en karakter van produsente uitgebeeld. “Die produksiespan hoop dat hierdie boodskap elke produsent sal raak en vir hom/haar sal sê: “Ons sien raak wat julle doen, ons bewonder julle en almal het ’n bietjie hoop nodig” sê de Klerk.

Bietjie Hoop is bekikbaar op Die Heuwels Fantasties se nuwe album, OKAY!, wat op 5 Mei 2017 uitgereik is. Dit kan ook afgelaai word op iTunes en GrootTunes.

Kyk die musiekvideo hier:

 
9 Augustus wys Die Heuwels Fantasties gesig in die baie populêre kykNET sepie, Binnelanders.  Hulle maak ’n draai in Nagskof en stel só die tweede enkelsnit vir Augustus, Laaste Rondtes, bekend.

In hierdie episode is die tragiese liefdeslewe van Louis Koster (vertolk deur Germandt Geldenhuys) wat teen hierdie tyd verloof is aan Tracy Moolman (vertolk deur Corné Crous), wat weer op haar beurt deur haar suster Alice (gespeel deur Laré Birk) gemanipuleer word om (saam met sus Alice) wraak te neem op Louis vir iets wat baie lank terug in Kroonstad gebeur het.  Dan wonder kykers ook of Lexi Abrahams (gespeel deur Keisha Skei) die moed bymekaar gaan kan skraap om vir Mamma Bronwyn (gespeel deur Kim Cloete) en Pappa Steve (gespeel deur Clint Brink) te vertel dat sy en haar nuwe kêrel Ross (gespeel deur Luan Jacobs) swanger is.

“Hier by Binnelanders is ons altyd opsoek na talent wat kan optree in Nagskof, die reeks se nagklub, en toe Alishia van Deventer van Starburst Promosies ons genader het om te hoor of ons nie dalk die tweede enkelsnit van Die Heuwels Fantasties se vyfde ateljee-album (OKAY!) wil loods nie, het ons die idee met ope arms verwelkom – en aangegryp. Laaste Rondtes pas perfek in by die vervlegte storielyne, en weerspieël die emosionele reis waarop elkeen van die Binnelanders in hierdie episode is”, sê Ernst Swart, publisiteitsbestuurder by Binnelanders.

Laaste Rondtes se musiekvideo is Saterdagaand, 5 Augustus 2017, eksklusief bekendgestel op Jukebox. Dié liedjie is ook beskikbaar op Die Heuwels Fantasties se nuwe album, OKAY!

Kyk die musiekvideo hier:

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.