Die sanger, Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine Hofmeyr se dogtertjie Romy-Lee is vanoggend omstreeks 08:11 gebore.
Steve het dié nuus op sy Facebook-blad bevestig. Romy-Lee weeg 2.9kg en volgens haar trotse pa is sy Kleine Mej. Wêreld.
Steve het op Kersdag 2016 aangekondig dat Janine swanger is.
Steve en Janine is op 25 Januarie 2017 getroud!
